Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mooiste Rosie gesoek
Leanke Smit is as Mej. Roosknoppie 2019 gekroon.Foto: Lientjie Mentz

Al is dit ’n bietjie later as gewoonlik weens vanjaar se buitengewone omstandighede, gaan die Loch Logan-waterfront en Bloemnuus se Mej. Roosknoppie-kompetisie voort.

Die finale beoordeling sal op Saterdag 21 November in die Loch Logan-waterfront plaasvind en Mej. Roosknoppie en haar twee prinsesse sal dan gekroon word.

Daar sal nie vanjaar uitdunne soos gewoonlik wees nie en die paneel beoordelaars sal die finaliste kies wat aan die finale ronde sal deelneem.

Om vir dié titel in aanmerking te kom, moet meisies op 21 November drie of vier jaar oud wees.

Al die meisies wat hulle inskryf vir die kompetisie, sal ’n medalje ontvang en die finaliste sal ook pryse ontvang.

  • Die reëls vir die kompetisie sal op Bloemnuus en die Loch Logan-waterfront se Facebook-blad beskikbaar wees. Inskrywings wat ontvang word, sal op Bloemnuus se Facebook-blad verskyn. Ouers kan hul dogtertjies inskryf deur ’n e-pos na lientjie.mentz@media24.com te stuur. Die e-pos moet die volgende inligting bevat: Roosknoppie 2020 moet in die boodskapveld staan. ) Een duidelike kop-en-skouersfoto (groter as 200 KB, in jpeg-formaat) van die Roosknoppie. Geen ander formaat is aanvaarbaar nie. Skryf in die e-pos die volgende besonderhede:) Roosknoppie se noemnaam en van.) Haar ouderdom en geboortedatum (dag / maand / jaar).) Roosknoppie se woonadres.) Ma se naam en van.) Ma se selfoonnommer.) Pa se naam en van.) Pa se selfoonnommer.

Waar van toepassing, kan die naam van een of albei ouers met die naam en van van ’n primêre voog of voogde vervang word.

Met die inskrywing, gee ouers en/of voogde toestemming dat die meisie se foto op Bloemnuus en op die Loch Logan-waterfront se Facebook-blaaie asook Loch Logan se Instagram gedeel kan word en dat die finaliste se foto’s in Bloemnuus kan verskyn.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 9 November om 12:00 en geen laat inskrywings sal oorweeg word nie.

  • ’n Galery van al die inskrywings sal dan op Bloemnuus se Facebook-blad gelaai word waar lesers dan sal kan stem vir die leserskeuse. Al die Roosknoppies wat hulle inskryf sal ’n medalje by die Loch Logan-waterfront kan gaan afhaal, maar net die finaliste sal op 21 November aan die finale ronde deelneem. Skakel 051-448-3607 vir navrae of stuur ’n e-pos na reception­@­lochlogan.co.za.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.