SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Museum al meer toeganklik

Heelwat is al deur die Nasionale Museum gedoen om aan besoekers met gestremdhede ’n unieke ervaring te bied.

Nico Avenant, werknemer by die Nasionale Museum wat Vrydag (22/11) ’n spesiale dag by die museum gereël het waarin mense met gestremdhede hul ervarings met die publiek kon deel, sê nuwe projekte gemik op mense met gestremdhede word voortdurend begin.

Een so ’n projek is die vervaardiging van objekte soos ’n vergrote weergawe van ’n skerpioen en skedels van voëls wat in samewerking met die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se Sentrum vir Snelprototipering en Vervaardiging (CRPM) gemaak word.

Gesiggestremde besoekers sal aan hierdie voorwerpe kan voel en ’n beter idee kry van hoe byvoorbeeld sekere voëls en insekte lyk.

Tydens die geselligheid het Bloemfontein se blinde wêreldkampioen Louzanne Coetzee en haar gids, Xavier Adams, wat pas teruggekeer het van die Paralimpiese Wêreldbyeenkoms in Doebai, vertel hoe hulle aan atletiek deelneem.

Frans Kleinhans, ortotis en prostese-vervaardiger, het vertel hoe nuwe-generasie kunsledemate werk.

Twee mans wat die dag bygewoon het en vir wie hy kunsbene gemaak het, Gert Harms en IHann van Jaarsveld, het gedemonstreer hoe dié kunsbene werk.

Jared McIntyre, kaptein van die verdedigende kampioenspan, die Mustangs-rolstoelrugbyklub, en Peter West, die afrigter, het die gehoor meer oor dié opwindende sport vertel.

Talle ander sprekers het ook oor ’n wye reeks onderwerpe gesels.

As deel van die museum se veldtog kan alle mense met gestremdhede op Dinsdag 3 Desember gratis toegang tot die museum kry.

Avenant sê van die aanpassings wat al deur die jare gemaak is om die museum toegankliker te maak vir mense met gestremdhede, is ’n hysbak met knoppies op ’n hoogte waarop mense in rolstoele kan bykom en knoppies in Braille.

Daar is ’n oprit vir mense in rolstoele na die ouditorium gebou en gidse is opgelei om mense met gestremdhede deur die museum te neem.

Sekere van die uitstallings het reeds inligting in Braille en grootskrif en by sekere uitstallings is oudio-inligting beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.