Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Musiekstudente kan groot prys wen

Musiekstudente, asook matriekleerlinge wat in 2020 musiek aan enige tersiêre instelling in Suid-Afrika wil studeer, kan hulle vir ’n kompetisie met beursgeld van R20 000 inskryf.

Een wenner sal die volle bedrag ontvang.

Vyf finaliste, wat ná oudisies aangewys sal word, sal op 13 September elkeen ’n openbare uitvoering van tien tot 15 minute lewer om die wenner te bepaal.

Dié kompetisie word aangebied deur Rhapsody in Bloem, ’n konsertreeks waarvan die toegangsgeld vir die jaarlikse musiekbeurs aangewend word.

Enigeen in die land, asook musiekstudente in enige jaargroep, is welkom om hulle vir die kompetisie in te skryf.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 16 Augustus, en oudisies word op 17 Augustus gehou.

Bloemfonteinse aansoekers moet ’n verhoog-oudisie aflê.

Petro Engelbrecht, die stigter en aanbieder van Rhapsody in Bloem, sê ’n bedrag van R20 000 is moontlik gemaak deur welwillendheidsbydraes bykomend tot die kaartjie-inkomste.

Een van die maniere waarop die beursbedrag verhoog kon word, is gratis konserte deur Bloemfonteinse musici.

Verlede jaar het die violis Francois Henkins die leiding geneem deur ’n uitvoering sonder betaling te gee, en vanjaar het die altviolis Elsabé Raath en mede-musici ’n konsert met tango-musiek aangebied.

Die kompetisie op 13 September begin om 19:00 in die planetarium op Naval Hill.

  • Kompetisiekandidate kan Engelbrecht by 082-824-5507 bel of ’n e-pos na rhapsody­inbloem@gmail.com stuur.

Dié besonder­hede geld ook konsertgangers wat die kompetisie-uitvoering wil bywoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.