Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
’n voorreg en ’n belewenis

Om byna twee maande in ’n wêreldstad soos Amsterdam deur te bring is ’n voorreg wat nie almal beskore is.

As jy boonop in een van die stad se gesogste woonbuurte woon, midde-in ’n wêrelderfenisgebied, kan dit nie veel beter nie.

Ons aankoms in die stad – wat onder meer bekend is vir sy kanale (meer as in Venesië), fietse (derduisende daarvan) en museums (meer as 70) – begin Januarie is iets waarna ons maande lank uitgesien het.

Hoe dan anders met die onbeperkte moontlikhede van nuwe ervarings, kulture en, natuurlik, nuwe kos?

Met ’n goed geoliede openbare vervoerstelsel is dit moontlik om maklik en vinnig op byna enige plek in die land uit te kom. Dit is nogal oorweldigend as jy dink aan trems, busse, treine en bote – en afhangend van waarheen jy op pad is, kan dit gebeur dat jy al vier metodes moet gebruik om op een plek uit te kom. Die punt is: Jy kan daar uitkom.

Inwoners van Amsterdam los mekaar om elk hul eie gang te gaan. Hulle volg dieselfde beleid met toeriste en sal nie sommer hulp aanbied nie. Vra jy egter om raad – en ek het al ’n paar keer – kry jy sonder uitsondering ’n vriendelike antwoord en die hulp wat jy benodig.

Nadat my man, Johan, en dogter, Anja, ná tien dae huis toe is, het ek alleen die stad verken.

Dit is geen probleem nie, aangesien die strate die heeltyd wemel en ek nooit onveilig voel nie. Boonop is baie besienswaardighede binne stapafstand van Amsterdam-Centrum, waar ek aan die Keizersgracht in ’n woonstel in die Zuid-Afrikahuis (ZA-huis) woon.

Die Keizersgracht is een van die vier kanale wat Amsterdam se 17de-eeuse Grachtengordel vorm. Dié is sedert 2010 ’n wêreld­erfenisgebied.

  • Hoewel ek soveel moontlik in die Nederlandse hoofstad wil beleef, wil ek graag Den Haag en Rotterdam besoek en die platteland verken. Ek gaan juis binnekort op uitnodiging drie dae in Apeldoorn, sowat ’n uur per trein van Amsterdam, deurbring. Verder is ek by geleenthede by ZA-huis betrokke. Siska Martin, redakteur van Volksblad se Kontrei-blad, is tot einde Februarie die joernalis-in-residensie in ZA-huis. Joernaliste van Media24 se dagblaaie en Netwerk24 kry dié geleentheid as deel van ’n Suid-Afrikaans-Nederlandse vennootskap tussen Stichting ZASM en Media24.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.