Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nataniël gaan verras, verlam, vernuwe

Nataniël se webtuiste vertel van ’n kunstenaar wat selde tot rus kom.

Hy kook, hy skryf, hy sing, hy gesels en ná meer as 30 jaar se kunstenaarslewe is daar steeds geen einde aan sy kreatiwiteit nie.

Hy gee ook nie om waar hy optree nie – of dit ’n gemeenskapsaal op die platteland is of ’n paleis in Frankryk, hy hou op enige plek konsert.

“ ’n Teken, ’n boodskap, ’n vermoede, ’n spreekwoord, ’n skok, ’n onthulling, dis hoe lewens verander word, ten goede of ten duurste.

“Van die vroegste wonderwerke, legendes en mites tot die nuutste uitvindsels of internet-vullis, die grootste deel van die mensdom leef oorweldig deur vrese, giere, moegheid of histerie.”

So skryf Nataniël oor die sosiale verskynsel Messenger wat “verlam, verras en vernuwe” en in Julie in Bloemfontein op die planke sal wees.

Messenger is ’n versameling nuwe verhale, in Engels en Afrikaans, oorspronklike komposisies en tydlose musiek wat bekend gemaak is deur kunstenaars soos Tom Jones en B.B. King. Die Charl du Plessis Trio met Werner Spies, Peter Auret en Nicolaas Swart sal die musiek verskaf.

Die vertoning vind op 30 Julie om 19:30 in die Sand du Plessis-teater plaas. Bespreek by Pacofs by 051-404-7714 of by die Sand se kaartjieskantoor.

  • Drie lesers kan elk dubbelkaartjies wen. Besoek Bloemnuus se Facebook-blad.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.