Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Natuur roep gesinne uit stad
Roetes wissel van 5 km-paadjies tot tegniese roetes vir stappers en bergfietsryers wat vir ’n uitdaging lus is. Foto: Reblex Photography

Met die pandemie wat talle mense vasgekeer laat voel, is die natuurskoon by die nuwe Lochs Hoek-plaas langs die N8 by Kloofeind buite die stad ’n luide lokstem.

Hierdie toevlug bied ’n plek waar stappers, hardlopers en fietsryers in die veld kan oefen en ontspan.

Belinda Kapp van Lochs Hoek sê dié buitelewe-bestemming met deli, restaurant en venue is op 28 Mei geopen.

Keith Wilson van Mountain Top Adventures het van November tot Januarie die verskillende roetes op die buurplaas ontwikkel.

Die langer roetes neem jou die klofie tussen inheemse bosse in. Al die paadjies is goed uitgelê en word onderhou.

Toegang tot die paadjies is R20. Dit kan in ’n eerlikheids-houer by die ingang na die roetes geplaas word.

Die roetes wissel van ’n 5 km-paadjie tot tegniese roetes vir stappers en fietsryers wat vir ’n uitdaging lus is.

Die langer stap- en fietsry­roetes neem besoekers tussen inheemse bosse die berg op om ’n wye uitsig op die Vrystaatse grasveld te bied.

Besoekers kan hulle ook aan veldblomme en mosbegroeide inheemse bome in ’n klofie agter die koppie verwonder.

Die roetes is elke dag van 06:00 tot 18:00 oop, en optredes deur plaaslike kunstenaars vind gereeld oor naweke plaas.

Benewens die staproete is daar ook ’n deli en bakkery met geskenke, kaas en ligte etes en die Voerkraal Braai­restaurant wat oor naweke etes bedien.

“Ons wou graag ’n plek skep waar die hele gesin kan ontspan en die natuur geniet,” sê Kapp.

Daar is speelplek vir kinders en ook lammetjies, voëls en hoenders in die kinder-hoekie by Lochs Hoek.

’n Speelplek gee vir klein kinders die geleentheid om diere te streel en voer. ’n Glybaan bied ook vermaak.

  • Besoek die Facebook-blad Lochs-Hoek-Farm-for-All vir meer inligting.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.