Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Navorsing doen geen vlieg kwaad aan

Niemand hou juis van hulle nie.

’n Bietjie meer kennis oor dié zoemende irritasies kan egter dalk help om jou ’n groter waardering te gee vir dié insekte wat ’n belangrike rol in die ekostelsel speel.

Op die Internasionale Kongres van Dipterologie wat in November in Windhoek aangebied is, is aangekondig dat vanjaar as die Jaar van die Vlieg bekend staan.

Om dit te vier het Burgert Muller, senior museumwetenskaplike by die Nasionale Museum, inligting saamgestel en die museum se kuns-afdeling het ’n interessante en tydelike uitstalling oor die vlieg gemaak.

Die Nasionale Museum en die KwaZulu-Natal-museum in Pietermaritzburg is die enigste twee instellings wat hulle op die navorsing van vlieë toespits.

Die Bloemfontein-versameling, wat al 208 000 eksemplare sterk is, is in 2008 deur dr. Ashley Kirk-Spriggs begin.

Kirk-Spriggs het intussen die museum se diens verlaat en werk nou in die National History Museum in Londen, Engeland.

Muller gaan voort met die groot werk om vlieë te vang, weg te stuur vir identifikasie en die versameling uit te brei.

Hy vertel die uitstalling gee meer inligting oor die belangrike rol wat vlieë speel.

“Dit is so dat sommige vlieë mens en dier benadeel, maar die meeste het nie ’n slegte invloed op mense en diere nie,” verduidelik hy. “Hulle vervul wel ’n belangrike rol as bestuiwers, pas biologiese beheer toe, eet as predatore sekere insekte en help met die ontbindingsproses van dooie diere.”

As ’n mens in die uitstalling kyk na die groot verskeidenheid vlieë – sommige mooi, sommige interessant, sommige afskuwelik – kan jy nie anders as om met nuwe oë na die insek te kyk nie. Die gewone ou huisvlieg is maar net een van ’n groot, interessante familie waarvan die gemiddelde mens hopeloos te min weet.

Gaan kyk gerus na die uitstalling en leer meer oor die vlieg.

  • Jy kan die boek Field Guide to Insects of South Africa wen deur vandag Bloemnuus se Facebook-blad te besoek.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.