Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nege finaliste uit Bfn

Pieter Hoogenboezem, onder­hoofseun van die Hoërskool Pietersburg in Polokwane, is vanjaar se wenner in die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Volksblad se Matrikulant van die Jaar-kompetisie.

Die wenner is Saterdag (28/09) op ’n glansgeleentheid in die Eeufeeskompleks op die hoof­kampus van die UV aangekondig.

Daar was vanjaar nege Bloemfonteinse matrieks wat finaliste in dié kompetisie was en twee van hulle het spesiale eerbewyse vir uitsonderlike prestasies ontvang.

Runé Edeling van die Eunice High School is vereer vir haar prestasies in perdry en die vierde plek wat sy op ’n internasionale wetenskap-ekspo behaal het. Mandie de Wet, ’n leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje, is vir haar prestasies in hokkie vereer.

Elkeen van dié leerlinge het ’n prys van R 5000 van die Kovsie Alumni-trust ontvang.

Die aankondiging van die wenners en ontvangers van spesiale pryse is gedoen nadat 14 top-finaliste twee dae lank aan uitdagende sessies voor ’n paneel beoordelaars deelgeneem het.

Die glansgeselligheid Saterdag is deur die finaliste se familielede, borge en hul verteenwoordigers, asook vorige finaliste en wenners, bygewoon.

Ds. Elmarie Derckson, Matrikulant van die Jaar 1992, was die seremoniemeester. Sy was vroeër predikant by die NG kerk Hugenoot en is deesdae predikant in Bloubergstrand in die Kaap.

Die kompetisie is in 1981 vir die eerste keer aangebied en word jaarliks deur Volksblad en die UV aangebied vir top-matrikulante wat beoog om ná skool aan die UV te studeer. Borge stel elke jaar groot pryse aan die wenner en finaliste beskikbaar wat hulle ’n hupstoot in hul eerste studiejaar sal gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.