Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Noodlyn bied oor wat luister

Mense wat erge depressie ondervind, selfdoodgedagtes het, mishandel word of eensaam is, kan hulle tot die gratis, vertroulike en nie-veroordelende ondersteuning van Bevrienders Bloemfontein wend.

Anna van Aswegen, president van Bevrienders Suid-Afrika, sê dié onderneming bied al sedert 1974 ’n diens aan die publiek.

Volgens haar is daar 25 000 vrywilligers oor die wêreld heen; in Brasilië alleen is daar 95 oproepsentrums.

Die Bloemfonteinse Bevrienders-tak is egter die enigste aktiewe tak in Suid-Afrika, en hanteer oproepe van oor die land heen.

se enigste aktiewe een wat oproepe van oor die land heen hanteer.

Van Aswegen sê hierdie diens word uitsluitlik deur vrywilligers verrig – van die kantoorbestuur tot die kontakbesoeke op die perseel in Klerckstraat 18, Brandwag, en die 24-uur hulplyn.

Tien vrywilligers verrig dié diens sewe dae ’n week, 24 uur ’n dag, maar Van Aswegen meen daar is ’n groot behoefte aan nog vrywilligers.

Stephanie Pretorius, direkteur van Bevrienders Suid-Afrika, sê die Bevrienders bied ’n luisterdiens waar vertroulikheid en anonimiteit altyd toegepas word.

Sy meen dit is gewoonlik mense wat in nood verkeer en reeds by ’n sielkundige of psigiater was, wat hulle na die bevrienders se noodlyn wend.

Benewens die 24-uur inbellyn, kan mense ook briewe skryf en e-posse stuur.

Sy sê dié diens bied aan mense ’n geleentheid om gehoor te word.

Volgens Van Rensburg is die Bevrienders pro-keuse – die hulpsoeker bly in beheer van sy eie lewe, wat insluit die keuse om sy eie lewe te neem.

Elke Donderdag van 10:00 tot 11:00 is ’n vrywilliger vir die Minus 1-sessie beskikbaar, ’n verlies-ondersteuningsgroep waar enigeen gratis kan inbel.

Mense kan ook ’n afspraak maak om ’n vrywilliger by die perseel te sien om oor hul probleme te gesels.

Van Aswegen sê mense wat dit verkies, kan ook na professionele mense verwys word wat hulle verder kan help.

Die Bevrienders bied gereeld gratis kursusse aan waar vrywilligers luistervaardighede en ander tegnieke aanleer.

Die nuutste kursus word Saterdae van 09:00 tot 12:00 aangebied, en duur vier weke.

  • Kry meer inligting by 051-444-5000, of skakel dié nommer as jy na ’n oor soek wat regtig sal luister.

Die Bevrienders se e-posadres is befrienders@wsinet.co.za en die posadres is posbus 29874, Danhof, 9310.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.