Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe plan help kinders
De Wet Claassens (uitvoerende hoof van Engo) en Christa Maree (direkteur van Engo se kinder- en jeugsorg­sentrums) gesels met kinders in een van die jeugsorgsentrums. Foto: Verskaf

Weens die Covid-19-pandemie en uitdagings wat daarmee gepaard gaan, het dit noodsaaklik geword dat liefdadigheidsorganisasies anders dink oor geldsinsameling en volhoubare projekte, om te verseker dat dienste steeds aan gemeenskappe gelewer word.

Engo het op 16 Junie ’n nuwe aanlyn geldinsamelingsplatform bekend gestel.

Rachelle Scott, bemarker, sê die hoofdoel van die SponsorLife-platform is om ’n deurlopende bron van inkomste te skep wat volhoubare sorg en dienste aan die kwesbare kinders in die 33 kinder- en jeugsorgsentrums in die Vrystaat, asook die groter Vrystaatse gemeenskap, moontlik maak.

SponsorLife is ’n webwerf-gegronde platform waarop individue en ondernemings van oor die wêreld heen op twee verskillende maniere ’n bydrae kan lewer.

Iemand kan ’n kind vir ’n jaar lank geldelik ondersteun, of kies om ’n maandelikse of eenmalige skenking aan die Vrystaatse jeugsorgsentrums te maak.

As deel van die eerste opsie, kan borge ’n spesifieke kind kies, asook ’n kategorie wat hulle geldelik vir die jaar wil borg.

Elke dag se uitgawes, soos vir maaltye, klere, vervoer, skoolgeld en meer kan vir ’n tydperk van 12 maande geborg word, waarna borge gevra sal word om die borgskap vir nog ’n jaar te hernu.

Borge kan ook kies om ’n eenmalige of maandelikse bedrag aan die Vrystaatse jeugsorgsentrums in die algemeen te skenk.

Onvoorwaardelike skenkings aan die Vrystaatse jeugsorg­sentrums kom in aanmerking vir ’n Artikel 18A-sertifikaat, wat vir belastingdoeleindes gebruik kan word.

Scott verduidelik dit werk soos ’n e-handelswebwerf en alle betalings kan aanlyn gedoen word, direk vanaf die webwerf.

Terugvoering oor die vordering van SponsorLife en die jeugsorgsentrums word jaarliks aan borge gestuur.

Besoek sponsorlife.net vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.