Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe prostese ’n deurbraak
Ilse Jordaan

’n Nuwe borsprostese wat tot 41% ligter is, gaan die lewe vir mastektomiepasiënte baie verbeter.

Ilse Jordaan wat al 20 jaar as passer van borsprostese en buustelyfies in Bloemfontein en Kimberley werk, sê dié nuwe prostese van silikoon is ’n groot deurbraak en sal vir pasiënte baie gemakliker wees as die ouer, swaarder prostese.

“Die dra van ’n borsprostese ná die verlies aan ’n bors is uiters belangrik omdat rug- en nekprobleme weens ’n skielike wanbalans kan ontstaan,” verduidelik sy.

Jordaan, wat haar opleiding in die pas van borsprostese in Duitsland ontvang het, sê haar passie om borskankerpasiënte te help, het begin omdat sy self as jong meisie oneweredige borste gehad het wat haar baie selfbewus gemaak het.

Sy het eers later besef dat dit herstel kan word. Haar eie ervaring het haar aangevuur om vroue te help om deur middel van borsprostese weer ’n mooi liggaamsvorm te kry en ander gesondheidsprobleme te voorkom.

“Ek help pasiënte wat die verlies van een of albei borste gehad het om weer vroulik te voel.”

Sy help ook vroue wat ’n lumpektomie gehad het.

“Dikwels verklein die bors nadat ’n gedeelte van die bors of ’n knoppie verwyder is en dit kan ook herstel word met ’n gedeeltelike silikoon-skulpprostese wat diskreet in die buustelyfie se keëlsakkie pas.

Sy sê ’n borsprostese kan óf as alternatief vir herkonstruksie gebruik word of terwyl ’n vrou wag vir rekonstruksie.

Sy sê sy stap ’n pad saam met elke pasiënt wat haar besoek om ’n prostese te pas. “Dit is meer as net die fisiese proses, dit is ook vir die vroue ’n soort terapie om te kan gesels oor haar lyf.”

Jordaan sê sy gee graag inligting aan vroue wat ’n mastektomie moet ondergaan en die opsies wat vir hulle ná die operasie beskikbaar is.

“Daar is talle vroue wat vir jare deur die pyn van onooglike operasiemerke en oneweredige borste gaan, en ek wil hulle met inligting bemagtig.”

Die reeks prostese wat sy gebruik, American Breast Care (ABCBreast Care), word in Duitsland en Amerika vervaardig.

“Die prostese moet gedra word in ’n pasgemaakte buustelyfie omdat dit te swaar is vir die gewone buustelyfies wat in die winkels beskikbaar is.”

Hierdie buustelyfies wat by haar bestel kan word en wat sy kan pos, moet jaarliks vervang word.

Sy verskaf ook stylvolle kankerhoedjies vir pasiënte wat chemoterapie ondergaan.

Sy sê die meeste siekefondse dek die borsprostese onder die onkologie-voordele.

Kontak haar by ilsejordaan@shisas.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.