Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe talent op verhoog

Binne ’n week kan Bloemfonteiners en ander feesgangers uitvind hoe Al die pad van Bloem klink.

Dié musiekprojek wat Jacobus Silwer en sy vrou, Lizzy, einde verlede jaar saam met Bloemnuus en Express aangepak het, het talentvolle plaaslike musikante genooi om ’n liedjie in te skryf.

Teen die einde Februarie is 67 liedjies ingeskryf. ’n Paneel beoordelaars het 14 liedjies gekies wat op die album opgeneem is en wat Donderdag (12/07) op die Vrystaat Kunstefees gesing word.

Jacobus sê die verskeidenheid kunstenaars en genres maak dit iets om by te woon.

Die 15de liedjie op die album is Jacobus se “Droom van my”, wat hy aan sy en Lizzy se dogtertjie Emmalé, wat in Augustus gebore word, opgedra het.

Monique Foster se liedjie “People may say” het sy geskryf vir haar vriende Chane en Tumi Molofo se huwelikseremonie in 2011, en sy het dit ook daar gesing.

Monique werk by Creare, waar sy musieklesse aanbied en in die bediening staan.

Haar boetie Reinhardt van der Westhuizen gaan die tromme speel wanneer sy haar liedjie tydens die vertoning op die fees sing.

Nog ’n jong talentvolle musikant wie se liedjie deel van die projek is, is Nicola Laubscher (16), ’n leerling aan die Hoërskool Sentraal.

Nicola se pa het vir haar ’n klavier gekoop toe sy haar hoërskoolloopbaan begin het, en sy neem vandat sy nege jaar oud is musieklesse by Cézanne Yzelle se CY Vocal Studio.

Haar liedjie, “For all it cost”, kom die afgelope drie jaar saam met haar. Sy het ’n boek waarin sy gereeld lirieke neerskryf.

Nicola sê om liedjies te skryf, is terapeuties. Sy het deur ’n moeilike tyd gegaan toe sy haar hoërskoolloopbaan begin het, en dié liedjie gaan daaroor dat die wêreld soms wreed is en dat jy jouself in dié wreedheid kan verloor. Sy sê wanneer jy jouself beter leer ken, leer jy hoe om vir jouself te veg en bo uit te kom.

Jaco Bezuidenhout het haar liedjie opgeneem en nadat hy dit gedoen het, het hy vir Jacobus gesê dié liedjie van Nicola moet vir Al die Pad van Bloem ingeskryf word.

Die Bloemfontein-kinderkoor neem ook aan die vertoning deel.

  • Op die vertoning in die Kopanong-ouditorium Donderdag om 19:30 gaan al die liedjies op die album gesing word. Daar is net een vertoning. Kaartjies kos R80 by Computicket.
  • Een leser het ’n kans om die Al die Pad van Bloem-CD te wen en daar is ook dubbelkaartjies vir een leser op die spel. Om in te skryf vir dié pryse, besoek Bloemnuusse Facebook-blad vandag.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.