Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe tydskrif vir denkers op rak

DIE nuwe Insig?

Miskien, maar dié 176 bladsye is cooler. “Ons was beslis groot aanhangers van Insig, maar ons probeer die literêre wêreld op ’n cooler manier weergee en aan ’n jonger gehoor bekendstel,” sê Derick Muller, redakteur van die nuwe literêre leefstyljoernaal Ambassadeur.

Insig was ’n aktualiteitstydskrif waarvan die laaste uitgawe in 2007 gepubliseer is.

Ambassadeur se estetiese gehalte laat dit egter eerder soos ’n koffietafelboek lyk. Die ontwerp is eenvoudig en stylvol en die dikker papier, 170 g, lê ’n bietjie swaarder tussen jou vingers.

“Ons wil hê die joernaal moet tydloos wees, iets wat langer op jou boekrak kan leef,” sê Muller.

Ambassadeur sal kwartaalliks deur The Suits, ’n advertensieagentskap waarvan Muller ook deel is, uitgegee word.

Die eerste uitgawe is Januarie op die rakke en die prys is R220.

’n Bietjie hoog?

“Kyk, ons gaan nie die volgende Huisgenoot wees en ’n reuse-oplaag hê nie. Dit is ’n passieprojek wat ons self gefinansier het.”

Hy gee toe dat dit ’n nis-publikasie is, maar ná ’n besoek aan New York en Los Angeles wil hy kyk of die groeiende belangstelling in onafhanklike joernale daar, ook hier kan posvat.

Die eerste uitgawe het geen advertensies nie en Muller sê hulle sal sien of beleggers aan boord wil kom.

Die tydskrif het vyf afdelings – klank, kuns, skrywers, makers (movers and shakers) en reis.

Ambassadeur se missie lui: “Ons vier die skeppers, denkers, kunstenaars, vakmanskap, sakevernuf, ekstraordinêre, filmmaker, musikant en skrywer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.