Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe wedloop vat vlam by Brandkop
Arina Engelbrecht (regs) oorhandig amptelik die aflosstokkie aan die organiseerders van CityRun@Brandkop, Lucas Swart en Tertia de Bruin.

Geskiedenis is Saterdag (10/04) gemaak toe die tweede CityRun-geleentheid in Bloemfontein begin is.

CityRun@Brandkop, wat op die Brandkop-familielandgoed aangebied word, is die tweede gratis weeklikse wedloop van sy soort nadat Leon Engelbrecht CityRun Naval Hill in April 2019 begin het.

Die spesiale dag is ingelui met vier hardlopers van CityRun Naval Hill wat om 05:45 met ’n aflosstokkie by Naval Hill weggespring het en deur die stad gehardloop het om die stokkie teen 07:00 aan die organiseerders van die nuwe geleentheid net buite Pellissier te oorhandig.

Lede van CityRun Naval Hill het Saterdag (10/04) met ’n aflosstokkie vanaf Naval Hill weggespring en 10 km deur die stad gehardloop tot by die Brandkop-familielandgoed waar die tweede aanbieding van City­Run begin is. Die vier is van links Ronel Erasmus, Slang Roux, Arina Engelbrecht en Chanelle Roux.

Arina Engelbrecht, een van die hardlopers en vrywilliger van CityRun Naval Hill, sê die stokkie simboliseer dat dié CityRunners een span maak.

“Ons brei die lekker geleentheid wat elke week op Naval Hill plaasvind met nog ’n geleentheid uit om dit ook toeganklik vir inwoners van die suide van die stad te maak.”

Die nuwe roete is uitgelê op die geskiedkundige Brandkop-familie­landgoed, wat nou in besit van die vyfde geslag van die Fichardt-familie is.

Gustav Fichardt sê dit is lekker om mense hier te verwelkom. Die huis op die landgoed is in 1876 gebou en in 1919 opgeknap.

Van die deelnemers aan die eerste CityRun@Brandkop-geleentheid op die Brandkop-familielandgoed is van links Gabriella Elyon, Jeremiah Matendo, Paul Nel, Ernst Engelbrecht en HJ Nel.Foto’s:Lientjie Mentz

Hy sê daar word Saterdae ná die wedloop koffie en ligte eetgoed bedien.

“Hier is stoele en tafels waar deelnemers ná die tyd in die tuin kan ontspan en saam kan kuier.”

Een deelnemer het met die eerste CityRun@Brandkop-geleentheid ’n paar skoene in ’n gelukstrekking in samewerking met New Balance en Kloppers gewen. Van links is Leon Engelbrecht (stigter van CityRun), Eslo Coetzee (New Balance) Tertia de Bruin (organiseerder van CityRun@Brandkop) en Mel Mulder (bemarking, Kloppers).

Lucas Swart, wat saam met Tertia de Bruin die organiseerder van CityRun@Brandkop is, sê ’n heerlike atmosfeer heers op die landgoed.

“Ons gaan net soos op Naval Hill elke vyfde week ’n Wow-Saterdag met gelukspryse van óf Kloppers óf New Balance bied. Hier is ook elke week ’n kinderoppasser wat na jong kinders kan omsien terwyl hul ouers die 5 km op die plaas voltooi.”

Net soos met CityRun Naval Hill geld ’n tik-en-hardloopstelsel vir geregistreerde deelnemers sodat elkeen op sy eie tyd tussen 06:15 en 07:30 kan wegspring, binne Covid-19-riglyne. Die mobi-tydopnemer word om 08:45 afgeskakel.

Die tye vir Naval Hill en Brandkop verander van 1 Mei tot 31 Augustus (wintertyd) na 06:45 tot 08:15 met die mobi-tydopnemer wat om 09:15 afgeskakel sal word.

Thane Ninnemann was die eerste deelnemer wat die nuwe wedloop Saterdag voltooi het.

“Dit is ’n baie lekker roete op die plaas, wat goed gemerk is,” sê Ninnemann.

Cliffie Barnes was die wenner van ’n gelukstrekking van ’n paar New Balance-hardloop­skoene.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.