Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Omgee uitgebrei

Tannie Annetjie Vermeulen, wat op Kersdag haar 85ste verjaardag vier, en haar vriendinne van die Westerbloem-aftreeoord brei hul harte uit vir liefdadigheid.

Die groepie – Sewende Laan genoem – kom elke Dinsdag bymekaar om te brei, tee te drink “en sommer ’n bietjie te skinder”.

So tussen 15 en 20 vroue, onder leiding van dr. Meisie Foster (80), brei al die afgelope sowat vyf jaar om kinders in nood te help.

“Dis ’n klomp flukse vroue hierdie,” sê tannie Meisie.

“Ek het vanjaar 55 truie vir kinders gebrei en die Sewende Laan-groepie help onder meer om die truie vas te werk. Ons kan maklik een trui op ’n dag maak met almal se hulp.”

Benewens die truie het sy en ’n vriendin 75 stelle klere vir behoef­tige kinders gemaak.

Tannie Annetjie sê hulle brei ook poppies en beertjies vir kinders wat by jeugsorgsentrums intrek.

“Dit is sodat hulle nie alleen en bang is op hul eerste aand in ’n vreemde plek nie.”

Tannie Meisie sê ’n ander projek behels babaskoene, mussies en kombersies vir vroeggebore babas van saal 10 in die Universitas-hospitaal. Tannie Annetjie sê hulle het ’n paar breimasjiene, maar baba­skoene en figure word met die hand gebrei en gehekel. Sy brei onder meer figure vir toneeltjies soos die geboortetoneel van Jesus. Een van dié toneeltjies word in die voor­portaal by Engo se kantoor in Westerbloem uitgestal.

Die wol en materiaal wat die groep vir projekte gebruik, is alles skenkings van die publiek.

“Dit is vir ons lekker om te gee,” sê tannie Meisie.

“En dit hou ons uit die kwaad.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.