Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Omgeeharte tooi tuin

Sowat 14 jaar gelede was die terrein van Ons Kinderhuis in Victoriaweg, Bloemfontein, welig met baie bome.

Vandag is daar nog net enkele bome op die terrein oor en die droogte van die afgelope paar jaar het sy tol geëis.

’n Groepie weldoeners onder die vaandel van die NG Kerk se Sino­dale kantoor se Tuine van Hoop-projek en onder leiding van Christa Maree van Engo het Vrydag (20/03) geharde tuinplantjies, wat geskenk is, by die ingang van die kinderhuis geplant.

Die provinsiale Karee-kwekery het 370 van die plantjies wat Vrydag daar geplant is, geskenk.

Dora du Plessis van Earthworms Food Gardens het die tuine uitgelê en vrywilligers, asook personeel van die sinodale kantoor en Engo, het help plant.

Nog skenkings is gedoen, soos Rentia Joubert wat twee mooi plant­potte geskenk het en Gerrie van Dyk van die Bybelgenootskap wat gruis vir die tuine geskenk het. Sharon Walker van Smartstone het ook skenkings vir die tuin gedoen.

Die ATKV se gemeenskaps­teatertak het besluit om vanjaar 2 020 spekbome te plant. Die projek is begin deur 30 spekbome aan Ons Kinderhuis se nuwe geharde tuin te skenk.

Michelle Horn van dié tak sê hulle beplan om ook spekbome te skenk om by bejaardesorgsentrums en ander kinderhuise geplant te word.

Frikkie van Dyk, hoof van Ons Kinderhuis, sê die kinders was vreeslik opgewonde oor die nuwe tuin wat by die ingang aangelê is.

“Omdat kinderhuise weens die noodtoestand van die Covid-19-virus kwesbaar is, mag geen van die kinders uit die huise gekom het terwyl die tuin gemaak is nie. Daar is baie ywerige tuiniers onder hulle en hulle hande het gejeuk om te help, maar hulle sal later die vreugde hiervan kry.”

Vir hul eie veiligheid gaan geen van dié jeugsorgsentrum se kinders hierdie vakansie na hul huise toe nie.

Ds. Barnard Steyn, stigter van die sinodale kantoor se Tuine van Hoop-projek, sê hulle is dankbaar vir die groot skenking wat die provinsiale kwekery, en in besonder George Ralekoala, hooftuinboukundige, gedoen het.

“Ook die vrywilligers wat hul Vrydag-oggend opgeoffer het om dié tuin te skep.”

Hy sê die idee met die tuin is dat dit mooi lyk, sonder dat dit baie aandag gaan verg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.