Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Omgeemense raak lewens aan
Die Bloemfontein Vryburger Om­geemense het Saterdag (10/04) inwoners van Atalia se Huis Nederig op ’n ete trakteer. Voor is oom Ters Radley (84, inwoner). Saam met hom is van links, agter: Johan Horak (stuurman), Naas Botes en Dirk Kotze, almal van die Vryburgers. Foto: Lientjie Mentz

Inwoners van Athalia se Huis Nederig is Saterdag (10/04) as deel van ’n landwye geleentheid op ’n ete trakteer.

Johan Horak, stuurman van die Bloemfontein Vryburger Omgeemense, sê die Tamaai Braai is die naweek deur die 19 Vryburger-korpse oor die land heen aangebied om aan 3 500 behoeftige mense ’n ete te voorsien.

“Dit is ons eerste groot projek nadat Covid-19 ons aktiwiteite ’n bietjie in die wiele gery het.”

Lede van die plaaslike korps het wors gebraai en worsbroodjies, slaaie en iets te drinke aan die inwoners van Huis Nederig gegee. Inwoners was dankbaar oor dié bietjie genieting.

Een van die inwoners is oom Ters Radley (84), wat van 1976 tot 2010 ’n lid van die Vryburgers was.

“Dit was baie lekker tye,” onthou oom Ters.

Annetjie Venter, bestuurder van Huis Nederig, sê die inwoners waardeer dit baie as mense vir hulle kom kuier.

“Dinge gaan swaar, en dit is veral ons kragrekening wat groot uitdagings bied. Ons het talle inwoners wat 24-uur-versorging benodig en dit stoot die krag­reking op.”

Sy sê daar is ook ’n behoefte aan veral vleis en kruideniers­ware om daagliks aan die 18 inwoners voedsame kos te gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.