Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Omspit, opkerf vir uitreik
By die stuk grond waar Vrystaat-Versorging in Aksie (VVA) in Bloemfontein ’n laventeltuin wil aanlê, is van links Madelein Kruger (VVA), Johan Gunter (Radio Rosestad) en Natascha Pieters (Mev. Afrika-finalis). Foto: Lientjie Mentz

Die Bloemfontein-tak van Vrystaat-Versorging in Aksie (VVA) daag onder­nemings in die stad uit om aan sy Mandeladag-projekte deel te hê.

Radio Rosestad en Bloemnuushet met die VVA hande gevat om mense aan te moedig om hul huis of kantoor ’n kort rukkie te verlaat en vir 67 minute hul bydrae vir lief­dadigheid te lewer.

Deelnemers kan tussen twee projekte kies.

Die eerste is ’n individuele projek, Carve your Love, waarin ’n wel­doener vir 67 minute lank groente wat hy self voorsien, opkerf en daarna by die VVA se kantoor by Watkeystraat 12 in Oranjesig aflaai. Die VVA verskaf twee keer ’n week kos aan 80 behoeftige mense.

Aflewerings sal op Vrydag 17 Julie van 08:00 tot 13:00 op ’n deurry-grondslag gedoen kan word.

VVA
Kerf jou liefde vir 67 minute op Vrydag 17 Julie ten bate van liefdadigheid.

Corné Killian van die VVA sê enige groente wat in sop gebruik kan word, is welkom, selfs al is dit nie opgekerf nie.

Die tweede projek daag die personeel van ondernemings uit om as ’n span te help werk aan die VVA se nuwe laventeltuin.

Die pret in die tuin begin Vrydag om 11:00, wanneer spanne ’n deel van die veld op die aangewysde terrein gaan omspit om dit gereed te maak sodat ’n plaat laventel daar aangeplant kan word. Spanne kan ook op Saterdagoggend 18 Julie in die tuin werk.

“Met die laventel wil ons allerlei lekkerruik- en badprodukte met die hulp van vrywilligers maak vir bykomende inkomste,” verduidelik Corné.

“Ons sal streng by Covid-19-maatreëls hou en daar sal nie te veel mense op ’n slag op die terrein wees nie.”

Ondernemings wat groepe vir die laventeltuinprojek wil inskryf, moet Madelein Kruger by 083-373-9276 of die kantoor by 051-447-1838 bel om ’n tyd te bevestig.

Hierdie projek bied ’n geleentheid waarop kollegas en vriende wat mekaar maande laas gesien het, weer byeen kan kom en vir ’n kort rukkie hul deel vir hul medemens in nood doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.