Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ondersteuners bly veg

Cheetah-ondersteuners wêreldwyd is vas­berade om hul stem dik te maak om seker te maak hul geliefde span bly staande in die Pro-14-reeks.

Saru neem vandeesweek ’n deurslaggewende besluit oor die span se toekoms in dié reeks.

Casper van der Merwe (60) van Brandfort sê hy kan hom nie ’n wêreld sonder Cheetah-rugby voorstel nie.

“Dit sal ’n bittere teleurstelling wees as die span van die rol geskrap word. Dit maak ’n mens briesend. ’n Paar jaar gelede toe Vrystaat en die Kings by die Pro-14 aangesluit het, het ander Suid-Afrikaanse spanne hul neus opgetrek en die toernooi as ’n sogenaamde laeklasliga beskou.

“Nou wil hulle die Vrystaat daar uitboender om self daarin te gaan speel.”

Van der Merwe, ook die stigter van die Facebook-groep FreeState Cheetahs Supporters and Rugby, sê vandat hy kan onthou, is hy lief vir die manne in die oranje en wit.

“As die Vrystaat nie meer kan rugby speel nie, kan ons net sowel voortgaan en aansluit by die Kalahari, want dan gaan hier ook niks aan nie.”

Hy sê die laaste paar weke word hy oorval deur briewe van so ver soos Glasgow van ondersteuners wat wil veg om die Vrystaat bo te hou.

“Almal staan saam en doen hul deel ter ondersteuning.

“Ons wil seker maak die wêreld weet ons staan bankvas agter die unie en sal oorlog toe gaan vir die mense.

“Ons wil optogte en wettige byeenkomste hou, maar die pandemie het ’n stokkie voor daardie planne gesteek. Nou doen almal hul deel van waar hulle is; dís hoe ernstig ons oor die saak is,” sê Van der Merwe.

Intussen begin die Vrystaat Cheetahs binnekort meeding in die twee plaaslike reekse: die Vodacom Superrugby-reeks en die Curriebeker. Sewe provinsiale spanne sal vir die volgende 16 weke hierin meeding.

Die eersterondewedstryde van die Vodacom Superrugby Unlocked-reeks word van 10 Oktober tot 21 November gespeel. Die Curriebeker word van 28 November tot 9 Januarie gespeel met die halfeindrondes op 16 Januarie en die eindstryd op 23 Januarie.

Die Cheetahs sal die kroon wat in 2019 in die Curriebeker verower is, moet verdedig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.