Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Ontbind Centlec om te bespaar’

Die Mangaung-metro wil sy “dooie perd”, Centlec, sy elektrisiteitsverspreider as aparte entiteit behou, terwyl dit vir opposisiepartye soos die DA en VF Plus nie sin maak nie omdat Centlec nie geldelik volhoubaar is nie.

Opposisiepartye sê ook dit maak nie sin nie omdat die REDS-projek (Regional Electrical Distribution) waarvoor dit geskep was sodat Eskom volgens provinsiale streke elektrisiteit kon verkoop en versprei, nooit van die grond af gekom het nie.

Hardie Viviers, DA-koukusleier, het op ’n raadsvergadering Donderdag (31/10) gesê die ouditeur-generaal (OG) het bevind “wesenlike twyfel” bestaan of Centlec die vermoë het om as ’n lopende saak voort te gaan.

“Die OG het ’n gekwalifiseerde ouditmening vir Centlec en die metro gesamentlik gegee en ’n weerhouding van mening met verwysing na albei die entiteite se geldstate afsonderlik. Dit beteken dat hul geldstate nie vertrou kan word nie,” het Viviers gesê.

Hy het ook gesê Centlec is ’n maatskappy wat in terme van die maatskappyewet bedryf word en dat dit nie werklik gepas is dat ’n munisipale entiteit so bedryf word nie.

Viviers het voorgestel die maatskappy moet ontbind word sodat geld vir die metro gespaar kan word. Centlec het ’n raad wat vergoed moet word.

“Centlec is nie geldelik lewensvatbaar nie en kan by die metro ingelyf word,” het Viviers herhaaldelik gesê. Hy het gesê die omsigtigheidverslag van Centlec wat voor die raad gedien het, moes al agt maande gelede gedien het. Die hersiende dokumentasie en ooreenkomste moet nou op 30 November voor die raad dien.

Viviers het gesê hy is oortuig dat dié spertyd nie gehaal sal word nie, aangesien die probleme tussen die metro en Centlec al sedert 2003 voortsleur.

Mxolisi Siyonzana, speaker (ANC), het gesê dat Centlec goed vaar, ondanks die feit dat die OG gesê het sy geldstate kan nie vertrou word nie.

Die DA en die VF Plus het teen die beginsel gestem dat die kontrakte tussen die twee partye hersien moet word sodat Centlec as aparte maatskappy kan voortbestaan.

Daar was 21 teenstemme van opposisiepartye, 60 stemme vir die hersiening van die kontrakte en dat Centlec op sy eie moet voortgaan as maatskappy, terwyl drie raadslede buite stemming gebly het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.