Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Onthouding bou begrip

Die Aurora-alkohol-en-dwelm­sentrum in die stad bied jaarliks ’n Kick your Habit-veldtog aan waardeur mense uitgedaag word om vir ’n week ’n gewoonte te laat staan.

Gert Kruger, direkteur van Aurora, sê in ’n nuusverklaring dwelm- en alkohol-afhanklikheid het ’n destabiliserende invloed op Suid-Afrika se gemeenskap.

“Dit word dikwels in verband gebring met ander probleme in die gemeenskap, soos geweld­dadige misdaad, kinder­mishandeling, geslagsgeweld en die toename in MIV/vigs.”

Daarom word ’n bewus­makingsveldtog gehou om die publiek van dié kwessies in te lig, asook hoe moeilik dit is om alkohol- en dwelmmisbruik te strem. Die uitdaging, wat aanlyn aangebied word, het reeds begin en duur tot Sondag (28/06).

“Met die veldtog wil ons bewustheid deur ervaring bevorder. Ons daag individue uit om op te hou met iets wat hulle gereeld doen, of om ’n vorm van afhanklikheid te los. Dit kan kafeïen, tabak, sjokolade of selfs inkopies wees. Dit hang van elkeen af – kies iets wat vir jou belangrik of lekker is”.

Kontak Marietjie Landsberg by 083-450-4527 of stuur ’n e-pos na info@auroracentre.co.za.

Volg die veldtog op Aurora se Facebook-blad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.