Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oord bly hoopvol
Tannie Nellie Williamson (91, links) en tannie Lettie Human (83) in ’n vrolke stemming vir Lentedag. Foto’s: Lientjie Mentz

Dit lyk asof daar hierdie week dalk goeie nuus is oor die toekoms van die Siesta-aftreeoord in Dan Pienaar ná ’n suksesvolle vergadering wat Donderdag (03/09) met Solidariteit Helpende Hand gehou is.

Johan Rossouw, woordvoerder van die Siesta-raad en lid van die spesiale taakspan, het gesê bepalende besluite oor moontlike opsies sou Woensdag (09/09) bespreek word.

Die weer op Lentedag was dalk grou en koud, maar inwoners van die oord het dit met ballonne, vrolike kleredrag en braaivleis gevier danksy inwoners en ondernemings in die gemeenskap.

“Ek is so dankbaar om te weet ek behoort nog aan die gemeenskap,” het een van die inwoners ná die tyd aan ’n vrywilliger gesê.

Inwoners van die omgewing het geld geskenk waarmee skaapvleis en ballonne gekoop is, en Pick n Pay Preller Walk, Reese Charcoal en Gillian McKay het almal skenkings gedoen om te verseker dat inwoners ’n lekker bord kos op Lentedag kon ontvang.

Die oord is weens verskeie faktore onder erge geldelike druk.

Florein de Winnaar sê daar is ook nou begin met ’n spesiale geld­insamelingsprojek, Siesta BackaBuddy, om geld vir die oord in te samel.

Op die webwerf backabuddy.co.za was teen Maandag R3 200 ingesamel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.