Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Op ’n inprop-ding soos ’n stofsuier wil ek nie ry nie

Ek kan my nie indink dat hierdie lewe geleef moet word sonder om motorfiets te ry nie.

Soos die rubriekskrywer Johan van Wyk skryf: Níks verdryf die mismoed soos ’n motorfietsrit nie. Tobie Wiese en mede-motorfietsliefhebbers seDie bike-boeksom die wonder van motorfietsry ook mooi op: dis vryheid, dis vreugde, dis vrees.

Anti-bikers beklemtoon die vrees. Vir hulle is ’n motorfiets ’n doodskis op wiele. Dit is egter soos om oor ’n boek te kla sonder dat jy dit gelees het. Want, as jy nog nooit die vryheid van motorfietsry gesmaak het nie, sal jy nie verstaan nie.

Glo dit, die stories oor die vryheid en vreugde is nie sommer maar biker-storietjies ter regverdiging nie. Die slim navorsers bevestig dit: Op ’n motorfietsrit wyk die mismoed en skop lewensvreugde in. Die aandag en fokus verskerp. Die kortisolvlak – daardie hormonale aanduider van stres – verminder. En soos ’n gymsessie is dit goed vir die adrenalienvlak en hartklop.

Maar motorfietsry is meer as net dit. Daar is iets aards aan die spel van meganika en fossielbrandstof-ontploffings in die enjin wat die perdekrag en wringkrag uitskop. Die dreuning en die krag van die enjin – reg onder die sitvlak – het ’n bekoring soos die dansende vlamme van ’n vuur. Die res van die betowering lê in die eenwording tussen mens en masjien en in die dans van ewewig waarmee die pad gevat en deur draaie geseil word.

’n Motorfietsrit bevat iets van die klassieke elemente van aarde, wind en vuur waarmee antieke mense die wêreld probeer verstaan het: die grond en teerpad hier reg onder jou; die wind wat oor jou spoel; en die vuur in die enjin.

Ja, ek besef die aarde moet gered word. En in die motorfietstydskrifte sien ek die elektriese motorfietse wat, soos Elon Musk se elektriese Tesla-karre, gebou word. Ek weet dit moet kom. Maar genadiglik tel die jare teen my en sal ek nie die dood van die petrolenjin hoef te beleef nie.

Want op ’n ding wat jy soos ’n stofsuier by ’n kragpunt inprop, wil ek nie ry nie. Dit sal net nie dieselfde wees nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.