Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Operette-klanke bekoor

’n Aand van pragtige operette-musiek en ’n ete word vir Vrydag 15 November om 19:00 by Coco C in die Loch Logan-waterfront beplan.

Gaste sal tydens die Night in Vienna-geleentheid luister na top­sangers uit die streek wat musiek uit Duitse operettes sing. Dit sluit sangers in soos Teresa de Wit, mezzo-sopraan wat al talle rolle in opera en operette vertolk het.

De Wit het haar opleiding as lid van die Kaapstadse Opera-ateljee ontvang en was lid van die bekende sopraan Mimi Coertse se Black Tie Ensamble. Sy woon in Kimberley, maar het sedert 2009 haar BMus-, BMus-honneurs- en MMus-graad cum laude aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf.

Alida van der Walt, ’n Bloemfonteinse sopraan, het as 16-jarige by Joekie van Aswegen begin sanglesse neem.

Sy het al talle rolle in opera en operette vertolk. Sy is sedert 2007 ’n sangonderwyser aan die Hoërskool Sentraal se musiek-akademie.

Phyllis Kriel, wat ook BMus aan die UV studeer het met sang en klavier as hoofvak, is reeds 17 jaar ’n musiek-, koor- en sang-onderwyser aan die Kimberley Girls’ High School. Sy sing al 20 jaar lank saam met sangmaat Deon Botha.

Mario Lategan, stigter van Phoenix Productions, het geen bekendstelling in Bloemfontein nodig nie.

Hy het al in vele musiekblyspele en musiekproduksies opgetree en het verlede jaar ses maande lank in Mallorca, Spanje, as deel van Il Quattro (wat hulde aan Il Divo gebring het), opgetree.

Die sangers gaan begelei word deur Anton Esterhuyse op klavier, Hester le Roux op fluit, Sharon de Kock op viool en Louwrike van Niekerk op klarinet.

Kaartjies kos R375 en sluit ’n spoggerige driegang-ete en verwelkomings­drankies in.

Bespreek by www.phoenixpro.co.za of skakel 072-834-2007.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.