Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oranje kry nog onderskeidings

Die Hoër Meisieskool Oranje spog nie meer met net vyf leerlinge wat einde 2019 matriek met agt onderskeidings geslaag het nie.

Nog twee leerlinge word nou by dié groep gevoeg nadat van hul antwoordstelle hernagesien is.

Talita Robbertse (twee bykomende onderskeidings, in Afrikaans en lewenswetenskap) en Mia Moolman (’n bykomende een in Engels) spog albei nou ook met agt onderskeidings.

Die ander vyf meisies is Marizanne Strydom, Gabriela von Eschwege, Lise Bezuidenhoudt, Talitha Heyns en Lize de Wet.

Geen ander Vrystaatse skool kon in verlede jaar se matriek­eksamen vyf of meer leerlinge met agt onderskeidings oplewer nie.

Slegs 15 leerlinge in die provinsie kon aanvanklik agt of meer onderskeidings agter hul naam skryf.

Die nege Oranje-leerlinge in die top 50 in die Vrystaat was ook die meeste wat ’n enkele skool mee kon spog.

’n Bykomende 14 onder­skeidings is aan Oranjeniete toegeken, wat die getal op 273 te staan bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.