Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Organisasies krap kop

Vrae soos Jack Parrow se regte naam, wat die stad in die wêreld met die meeste inwoners is en wat die naam is van die tienjarige meisie wat van Robbeneiland tot in Kaapstad geswem het, het deelnemers behoorlik laat kopkrap.

Dit was net enkele vrae waarmee organiseerder Jan Lambrechts deelnemers aan die jaarlikse Oranje Rapportryerskorps se kennis Donderdag (06/09) getoets het.

Antwoorde is maklik as ’n mens dit op die internet kan soek, maar sonder tegnologie is voorbereiding en ’n goeie geheue goud werd.

Die vasvra, wat by die Laerskool Sentraal plaasgevind het, is Donderdag vir die 25ste jaar agtereenvolgens aangebied.

Deelnemers het bestaan uit spanne van vier van die Ou Presidensie- Historiese Vereniging, AfriForum Jeug, Die Vryburgers, President Staatmakerkommando, Van Riebeeck-volkspelelaer, Goedgenoeg-volkspelelaer, Die Dameskring en die Oranje Rapportryerskorps.

Die vroue van Die Dameskring was, soos verlede jaar, ywerig met hul antwoorde. Hulle het beslis hul huiswerk gedoen en het reeds in die eerste ronde gewys hoe goeie voorbereiding vrugte afwerp.

Vrae is onder meer uit die Bybelboek Exodus gevra, oor bekendes, sport, monumente en geboue, en algemene kennis.

Die Dameskring het geseëvier en die Vryburgers was vanjaar tweede.

Spanne wat deelgeneem het, het nie-bederfbare blikkieskos saamgebring wat aan Vrystaat Versorging in Aksie geskenk is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.