Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ou trekkers dreun saam op familiefees

Ou trekkers en enjins gaan Saterdag (15/09) weer dreun wanneer die Sentraal-Vrystaatse Veteraantrekker- en Enjinklub en die Ferreira-museum die jaarlikse Bloem-familietrekkerfees aanbied.

Bykans 100 werkende ou trekkers en 50 enjins, van versamelaars oor die land heen, is op dié fees by die Ferreira-museum in Speserylaan 16, Kwaggafontein, te sien.

“Dit is egter nie al nie,” meen Jannie Ferreira, ondervoorsitter van die Veteraanklub en eienaar van die museum.

“Dit is oudergewoonte ’n pretdag vir die hele gesin.

“Bloemfontein se Martie Lamprech, van Koekedoor-faam, gaan van 11:00 die vroue op die fees leer hoe ’n koek nou eintlik versier word. Aan die einde van die kursus gaan die vroue hul mans, wat op die terrein is, bel en gaan die mans, onder leiding en aansporing van hul vroue, koeke versier. Dit gaan pret wees.”

Die boeresport, ’n gunsteling elke jaar, sluit teerpaalgooi en toutrek teen ’n trekker in. Die mense geniet dit elke jaar.

Kinders van ses tot tien jaar kan aan die braaikompetisie vir “kabouters” deelneem.

Volgens Jannie sal feesgangers onder meer kan sien hoe ou trekkers en werktuie ploeg en dors. Ystersmede gaan wys hoe hulle messe maak, en mense sal kan sien hoe botter – met behulp van ’n ou roomafskeier en botterkarring – gemaak word. Ou rytuie gaan ook in aksie wees.

“Dit is anders as om ’n gewone museum met statiese uitstallings te besoek. Al die ou trekkers, enjins en werktuie is hier te sien. Hulle is met liefde gerestoureer om vir die nageslag bewaar te word,” sê Jannie.

“Dit is elke jaar ’n belewenis vir jonk en oud om dit te sien en te beleef.”

Verskeie kommersiële uitstallers het stalletjies op die fees, en kosstalletjies sal van braaivleis, hamburgers en skyfies tot skaapkop en afval verkoop. Francois Bouwer en ’n boereorkes sal in die groot biertent musiek maak.

Die toegangsgeld is R40 per volwassene en R10 per kind, en sluit veilige parkeerplek en deelname aan alle aktiwiteite in, sê Jannie.

’n Gedeelte van die opbrengs word vir liefdadigheid geskenk.

Dit is die sewende jaar dat die fees gehou word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.