Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oudisies snoer stemme saam
Die huidige Cisticola Cantans-vrouekoor. Foto: Verskaf

Vroue tussen 16 en 60 word genooi om ’n oudisie af te lê vir die Cisticola Cantans-vrouekoor van Bloemfontein.

“Die koor is in 2018 gestig en het ontstaan as ’n groep vroue wat lief is vir musiekmaak en koorsang,” sê dr. Joanita Erasmus-Alt, dirigent van die koor.

“Baie van die lede is lewenslange vriende en die koor bied moeders en dogters die geleentheid om saam te sing en die vreugde van musiek te ervaar.”

Die repertoire van die koor is verteenwoordigend van die ryk kulturele verskeidenheid van Suid-Afrika en die internasionale gemeenskap en wissel van tradisionele koormusiek en nuwe komposisies tot verwerkings van gewilde Suid-Afrikaanse luisterliedjies. Die musikale talent van lede op instrumente soos die viool, saksofoon en dwarsfluit word dikwels ingespan.

Die koor tree hoofsaaklik op uitnodiging op.

In 2018 het die vroue aan die Internasionale Kersmusiekkompetisie in Krakow, Pole, deelgeneem en ’n tweede plek in die afdeling vir kamerkore behaal. In Oktober vanjaar gaan die koor deelneem aan die Songs of Praise-geleentheid onder leiding van die dirigent Richard Cock.

Bel Erasmus-Alt by 082-886-1888 om ’n oudisie te reël.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.