Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ouma Toy vier 100ste

Met die nostalgiese klank van ’n doedelsak op die agtergrond het familie Saterdag (06/07) fees gevier om ouma Toy Theron se 100ste verjaardag die vorige dag op 5 Julie te gedenk.

Margaretha Wilhelmiena Theron (néé Smit) is op 5 Julie 1919 in die Paarl gebore en bly die afgelope vyf jaar in die Rosenheim-aftreeoord in Fichardpark.

Sy het op die plaas Vondeling in die Agter-Paarl grootgeword en is in 1941 met Johan Carel Theron getroud.

Hulle het aanvanklik in die Calvinia-distrik geboer en later in die Koue Bokkeveld. Hulle het in 1957 na Kaapstad verhuis waar Ouma Toy by die psigiatriese afdeling van die Stikland-hospitaal gewerk het tot met haar aftrede. Oupa Johan is in 1979 oorlede. Ouma Toy het in 2014 na Bloemfontein verhuis om nader aan haar kinders te wees. Sy het vier kinders – drie seuns en ’n dogter, waarvan een seun oorlede is, nege kleinkinders, 18 agterkleinkinders en twee agter-agter-kleinkinders.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.