Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pa, seun ontkiem toekoms

Twee flukse Bloemfonteiners het besluit hulle sal hulle nie laat onderkry toe hulle tydens die inperking weens Covid-19 hul werk verloor het nie.

Toe hy sy werk as taxibestuurder verloor, het Skolla Scholtz besef hy sal self moet werk skep.

“Niks kom na jou toe nie – die wêreld skuld jou niks,” sê hy.

Daarom het hy en sy seun, Austin, ’n tuinonderneming begin.

“Ek het ons dienste op Facebook geadverteer, en op 17 Augustus het ons in ons eerste tuin in Universitas gewerk. Dit is lekker – my stokperdjie het nou my werk geword.”

Jo van Schalkwyk van Gardeniapark, in wie se tuin dié twee die afgelope drie maande gereeld werk, sê sy het die hoogste respek vir hulle.

“Hulle het werktrots en ondernemingsgees om nuwe goed in die tuin aan te pak. Saam met hulle het ek allerlei hoekies in my tuin ingerig, en ek het nog baie planne,” sê sy.

Volgens Kobus Venter van Solidariteit Helpende Hand het Skolla tydens die inperking swaargekry. Hy het twee keer kospakkies by sy huis in Kelly’s View afgelaai.

“Toe ek weer sien, het Skolla sy onderneming op Facebook geadverteer. Dit is wonderlik hoe pa en seun vir hulself werk geskep het.”

Kobus het Maandag (16/11) namens Solidariteit Helpende Hand tuingereedskap aan hulle oorhandig.

Omdat taxigeld so duur is, reken Skolla vervoer is hul grootste uitdaging. Daarom wil hy met ’n geluks­trekking geld insamel om ’n ryding te koop.

  • “Ons is so geseën. Ons is reeds volbespreek tot die einde van die maand,” sê Skolla. Besoek Skolla se Facebook-blad vir meer inligting oor die tuinonderneming.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.