Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Paaie hier gevaarlik

Inwoners van Estoire en Olive Hill is bekommerd oor gevaarlike pad­toestande hier.

In ’n brief aan die stadsbestuurder, adv. Thankiso Mea, skryf Pieter Lotriet, DA-wyksraadslid, namens die Estoire-gemeenskapsgroep dat padtoestande in dié hoewegebied gevaar inhou.

Die verkeer in die omgewing het die afgelope drie jaar toegeneem. Een rede hiervoor is die gevaarlike kruising van Tibbie Visser­straat by Rudolf Greyling­straat.

“Veral soggens is dit skoolverkeer van die Dr. C.F. Visser-skool waarin motoriste alternatiewe roetes na die stad deur die hoewes vind om die kruising by Rudolph Greyling te vermy,” sê Lotriet.

Hy sê die oprigting van ’n verkeerslig by dié kruising is al in die ontwikkelingsplan goedgekeur. Maraislaan, wat intussen as alternatief dien, is nou en bosse groei tot teenaan die pad.

“Ons vra dat die metro die bosse wegkap, slaggate regmaak en die oprigting van die verkeerslig ernstig oorweeg.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.