Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Paartjies kan nou troufoto’s inskryf

Paartjies wat van Augustus 2018 tot einde Junie 2019 trou, kan hul foto’s vir Bloemnuus se Troufoto van die Jaar-kompetisie inskryf.

Die inskrywings sal deurlopend in Bloemnuus verskyn. Wanneer die kompetisie sluit, sal ’n fotogalery op Bloemnuus se Facebook-blad verskyn waar lesers hul gunsteling-foto’s kan kies.

Die tien foto’s wat die meeste stemme kry, sal beoordeel word.

Die wenfoto sal in Augustus 2019 op Bloemnuus se voorblad verskyn.

Bloemnuus is op soek na ’n unieke, romantiese foto wat iets van die spesiale gebeurtenis van die troudag uitbeeld.

Fotograwe, met die toestemming van die bruidspaar, is ook welkom om ’n foto in te skryf. Elke inskrywing moet slegs een foto van goeie gehalte in jpg-formaat insluit. Die fotograaf se handtekening mag nie op die foto verskyn nie, maar by elke inskrywing moet die fotograaf se naam en van of die foto-ateljee se naam verskyn.

Die inskrywing moet die paartjie se name en van/vanne bevat, asook die plek en stad of dorp waar die troue gehou is. Die kompetisie is slegs vir paartjies wat in Bloemnuus se lesersgebied woon – ongeag waar die troue plaasgevind het.

Skryf in deur een foto en die inligting na lientjie.­mentz @media24.com te e-pos.

Slegs volledige inskrywings word oorweeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.