Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pakplek word pronkplek
Heine Herholdt se dogters, Ava-Jane (4) en Leigh-Ann (9), by hul pa se Shelby Daytona.

Lede van die Bloemfonteinse Modelmotorklub (BMM) kon Saterdag (14/11) tydens dié klub se jaarlikse afsluiting die eerste keer die private Shelby-museum besoek.

Heine Herholdt, wat onlangs ’n klublid geword het, het die afgelope maande in ’n ou pakhuis op sy hoewe in Roodewal dié uitstalruimte vir sy versameling motors en modelmotors ingerig.

“Shelby-motors is my passie,” sê hy.

“Met die nuwe perseel kon ek uiteindelik dié versameling tot sy reg laat kom.”

Hy het sowat 54 1:18-skaalmodelle van Shelby-sportmotors wat Carroll Shelby vir Ford gebou het.

“Ek versamel al die afgelope vier jaar alles wat met Shelby-motors te make het. Ek wil graag al vier topmotors in die Shelby-reeks hê.”

Hy het reeds ’n Shelby Daytona in sy museum.

Heine Herholdt by sy Shelby-modelmotorversameling. Hy hou die skaalmodel van die Shelby GT40 vas wat een van die wenmotors in die Le Mans- 24-uur-wedren van 1966 was. Dié model is ook in die rolprent Ford v Ferrari te sien.

“Ek was onlangs na die fabriek in Port Elizabeth waar ek vir my ’n Shelby Cobra wou koop, maar kry toe die geleentheid om ’n GT40 te kry. Dit is ’n replika van die Shelby GT40 wat gebou is om Shelby se historiese oorwinning in die Le Mans- 24-uur-wedren te herdenk.”

Vir dié wedren het Ford en Shelby in 1966 kragte saamgespan om die eerste drie plekke te behaal.

Deel van die versameling is ’n reeks Moto GP-modelmotorfietse.

Hy het nog nie sy GT40 ontvang nie, maar wel ’n skaalmodel van die motor wat deur van die akteurs in die rolprent Ford v Ferrari, onder andere Matt Damon, onderteken is.

Benewens die Shelby-reeks het hy Moto GP-modelmotorfietse, blik­motors en ’n versameling trofeë van die tyd toe hy nog met radiobeheerde motors in kompetisies meegeding het.

Jacques Pretorius, voorsitter van die BMM, reken Herholdt se versameling is uniek omdat dit op een unieke element van model­motors fokus.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.