Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Patrollie vat oortreders vas
AfriForum-lede van Bloemfontein het Vrydag (18/09) aan ’n landwye patrollie deelgeneem. Hulle het van die Southern-sentrum in Fichardtpark vertrek.Foto: Verskaf

Dronk bestuurders en misdadigers moes Vrydag (18/09) op hul pasoppens wees toe AfriForum en ondersteuningsdienste van 21:00 af aan ’n nasionale patrollie deelgeneem het.

Bloemfonteiners het by die Southern-sentrum in Fichardtpark bymekaargekom, waarna hulle die strate ingevaar het om ’n ogie oor inwoners se veiligheid te hou.

Volgens Joseph Renaud, AfriForum se verteenwoordiger vir gemeenskapsveiligheid in die sentrale streek, is daar gewoonlik talle voorvalle in die eerste twee uur van nasionale patrollies.

“Daarna weet die mense dat veiligheidsvoertuie op straat is, en die voorvalle neem dramaties af,” sê hy.

“Ek wens ons kon dit elke Vrydagaand doen.”

Hy sê in die Vrystaat het 17 takke en 280 lede met 151 voertuie patrollie gery.

Altesaam 5 500 km is afgelê en 28 voorvalle is in same­werking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld.

“In Bloemfontein is die grootste probleme motorongelukke en mense wat dronk bestuur,” sê Renaud.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.