Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plaaslike renjaers puik op ovaalbaan

Die nasionale kampioenskap van World of Motorsport South Africa (Womza) is Saterdag (06/10) op die Bloemfontein-skouterrein se ovaalbaan aangebied.

Talle Bloemfonteiners het goed gevaar, met plaaslike deelnemers wat al drie plekke in die 16 Valve Midget-afdeling ingeneem het.

Pieter Duitser Venter van Bloem Oval het die eerste plek in dié resies behaal (SA1), Danie Ackerman was tweede (SA2) en JP van Niekerk was derde (SA3).

In die AMS V8-afdeling het Ettienne Booysen van Bloem Oval ’n derde plek behaal (SA3).

In die afdeling vir hitsmotors (“hotrods”) was André Deysel tweede en Johan Pitout (SA3 in 2017) weer derde.

In die afdeling vir gemodifiseerde motors was Barend du Plessis van Bloem Oval tweede (SA1 in 2017).

Nico Jonker was derde in die Stock Rod-afdeling.

Deelnemers van Boshof het ook goed gevaar. Nico Breytenbach het die SA1-plek in die AMS V8-afdeling ingeneem, asook in die Lexus V8-afdeling – met sy ma, Susan Breytenbach, wat die SA2-plek ingeneem het in dié afdeling.

Nog ’n deelnemer van Boshof, WH Esterhuizen, was derde in dié afdeling (SA3). Dewald Ranft van Boshof Oval was die wenner (SA1) in die hitsmotor-afdeling.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.