Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plaaslike talent te sien

Daar is 40 leerlinge van die Eunice High School en Grey-kollege wat te sien gaan wees in Eunice se produksie van Our Town wat op 10 tot 12 Sepember in die Eunice-teater opgevoer gaan word.

Dr. Niel van Niekerk, drama-onderwyser van Eunice is die regisseur van die drama wat in 1938 deur die Amerikaner Thornton Wilder geskryf is. Van Niekerk het self 29 jaar gelede tydens sy studentejare aan die Universiteit van die Vrystaat die rol van mnr. Webb vertolk. Hy het besluit die tyd is ryp om ’n nuwe generasie teatergangers aan dié immergroen drama bekend te stel.

Hope plaaslike talent gaan dié toneelstuk onvergeetlik maak. Van Niekerk het besluit om musiek by die drama te voeg om dit meer toeganklik vir moderne gehore te maak.

Anton Esterhuyse het die musiek spesiaal vir die produksie gekomponeer. Gertjan Holtzhausen, Arno de Wet en Mario Lategan vertolk van die hoofrolle in die produksie.

Die produksie bestaan uit drie bedrywe. Kaartjies is by die Eunice-kantoor beskikbaar.

Skakel 051-410-1406.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.