Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plekke kry só hul naam

Na aanleiding van Bloemnuusse voorbladberig op 8 April omtrent Bloemfontein se jarigwording (175 jaar) waarin verwys word na die ontstaan van die pleknaam “Bloemfontein”, net kortliks iets uit die pleknaamwoordeboek Plekname van Suider-Afrika (Raper, Möller, Du Plessis 2020 by Protea Boekehuis, Pretoria).

Volgens dié bron kan die naam teruggevoer word na die eerste benoemers van plekke in die gebied, die Boesmans (ongelukkig verkeerdelik weens politieke korrektheid deesdae “San” genoem).

Soos met soveel ander Suid-Afrikaanse plekname moet ons onthou dat die “inkommers” (die Westerlinge en sprekers van die Sintoetale uit die noorde) meestal die bestaande plekname van die inwoners wat hulle hier teëgekom het, oorgeneem het. Trouens, ons noem in die inleiding tot ons woordeboek dat die meeste plekname in Suid-Afrika afkomstig is van hierdie eerste bewoners, hetsy die Boesmans of die Khoi-Khoin.

Dit is interessant dat die Sintoenaam “Mangaung” en “Bloemfontein” albei vertalings is van die oorspronlike naam wat die Boesmans aan die waterbron gegee het en dus wesenlik dieselfde naam is.

Die jagluiperd-mite in die geval van Mangaung klop dus nie, nes die os-mite in die geval van Bloemfontein. Sulke naamsverklarings is afkomstig van wat volksetimologie genoem word en verkry dan mettertyd mitologiese status.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.