Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pluimvee wys vere op skou

Die Bloemfontein-Pluimveeklub het op Vrydag 24 Mei en Saterdag 25 Mei skou gehou en 38 pluimveetelers van oor die land heen het met hul geveerdes hieraan deelgeneem.

Danie Niewenhuizen, voorsitter van die Bloemfontein-Pluimveeklub, sê dié skou is een van die grootse klubskoue in die land.

Vanjaar is 775 stuks pluimvee geskou waarvan 438 groot hoenders, 327 klein hoenders en 10 watervoëls was.

Die 26 groot rasse en 30 klein rasse is deur telers uit die Vrystaat, Noordwes, Noord-Kaap en Gauteng ingeskryf.

Agt beoordelaars van oor die land heen en sover as van die Kaap het die beoordeling behartig.

Niewenhuizen sê hy sien baie uit na die Suid-Afrikaanse Pluimveeskou wat aan die einde van Augustus op die Boertjiefees in Bultfontein aangebied word.

Die Bloemfontein-Pluimveeklub gaan ook die reëlings vir dié skou behartig.

Op die onlangse skou in Bloemfontein het Hugo Joubert van Clocolan die trofee vir die beste pluimvee op die skou vir sy Brahma-Patryshaan ontvang.

Joubert het ook die meeste punte op die skou versamel.

Joachim Loses van Krugersdorp het die beste sagteveerhoender, met sy Pekin Cuckoo, vertoon.

Rooies Schoeman van Pretoria het die beste hardeveerhoender, met sy Old English Game, opgelewer.

Gys van Wyk van Carnavon het die beste Bantam-hoender op die skou gehad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.