Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisie waarsku motoriste teen kapers

Die polisie in Bloemfontein het motoriste gewaarsku om op hul hoede te wees nadat drie motorkapings in een week plaasgevind het.

In die voorvalle, almal in West­dene, is die voertuie teruggevind.

In die jongste voorval is ’n gekaapte bussie sowat tien minute later teruggevind.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die jongste kaping het Donderdagaand (04/07) omstreeks 18:50 op die parkeerterrein van Print CMYK in Eerstelaan gebeur toe die 37-jarige bestuurder van ’n Mercedes-Benz Sprinter parkeer het.

Drie mans het hom met vuurwapens gedreig. Hulle het hom van sy selfoon en sigarette beroof en in die bussie gevlug.

Die Bloemfonteinse WhatsApp-groep vir misdaadbekamping se lede, wat bestaan uit lede van die polisie, veiligheidsmaatskappye, buurtwagte en inwoners, is in kennis gestel, en die bussie is sowat tien minute later in die Batho-woonbuurt gevind.

In ’n ander voorval is ’n 43-jarige vrou op Dinsdag 2 Julie omstreeks 06:25 in Brillstraat, Westdene, gekaap toe sy haar blou Volkswagen Citi Golf voor ’n onderneming parkeer het. Sy is deur twee mans, waarvan een ’n vuurwapen gehad het, genader. Hulle het geld en haar motorsleutels geëis, en haar van haar handsak, twee selfone en motor beroof. Die motor is sowat ’n uur later in Bochabela terug­gevind.

’n Dag later het twee mans ook ’n man (49) omstreeks 18:10 voor sy huis in Barnesstraat, Westdene, gekaap. Twee mans hom met ’n vuurwapen gedreig en met die pistool oor die kop geslaan, waarna hy sy vuurwapen uitgehaal en ’n waarskuwingskoot in die grond afgevuur het. Die kapers het skote op die man afgevuur voordat hulle in ’n goudkleurige Mahindra gevlug het. Die voertuig is later ook terug­gevind.

Covane sê die polisie sal hul patrollies en sigbaarheid in dié gebiede opskerp.

Brig. Kgothatso Ramokotjo, bevelvoerder van die Parkweg-polisiëringsgebied, het inwoners gevra om nie te stop en te parkeer as hulle iets buitengewoons gewaar nie, maar eerder tot by hul naaste polisiekantoor te ry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.