Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pop ná eeu steeds gewild

’n Pop wat eg Suid-Afrikaans is en poppeliefhebbers gaande het, was die middelpunt van die Bloemfonteinse-poppegroep se byeenkoms op Dinsdag 29 Oktober.

Die Graaff-Reinet-pop – of Laubscher-pop soos wat hulle soms ook genoem word – dateer uit die jare voor die Eerste Wêreldoorlog toe dit baie moeilik was om in Suid-Afrika poppe in die hande te kry.

Volgens Sudré Havenga van die Nasionale Museum het die museum twee Graaff-Reinet-poppe in sy versameling.

“Die Laubscher-familie van Graaff-Reinet het begin om self poppe van lap te maak. Anna Laubscher het ’n Amerikaanse pop gesien en besluit om vir haar niggie Marie Smit een te maak. Dit was nooit bedoel om ’n sake-onderneming te wees nie. Juis omdat poppe in daardie stadium so skaars was, was dié poppe so gou ’n gewilde artikel.”

Sanita Marais (55) se Graaff-Reinet-pop wat sy by haar skoonma, Elleta Marais (81), gekry het, is ’n tipiese voorbeeld van die eerste van dié poppe.

Volgens Betsie Roux, voorsitter van die poppegroep, skat hulle die pop is 100 tot 105 jaar oud.

Die eerste eienaar was Elleta se ma, Rita Schaap, wat in 1910 in De Rust gebore is. Elleta sê haar ma was vier of vyf toe sy die pop gekry het.

Toe die pop jare later in Elleta se besit gekom het, was die pop in ’n swart handsak. Só het dit jare lank behoue gebly.

Sy het die pop aan Sanita, wat ’n hele paar poppe geërf en ontvang het, geskenk.

Volgens Sanita is haar dogter Elrie (27) die volgende eienaar van die pop, wat waarskynlik R3 500 tot R5 000 werd is.

Betsie sê die pop is besonders goed opgepas en wat interessant is, is dat die popse lyfie is uit een stuk lap gemaak, anders as ander weergawes wat aan mekaar geheg is om soos ’n teddiebeer te beweeg. Omdat die poppe handgemaak is, is elke Graaff-Reinet-pop uniek.

Die gesiggie is van lap gemaak, met ’n stukkie hout vir die neus. Die nate kan duidelik gesien word. Nadat die kop opgestop is, is dit in iets soos kouelym gedoop om dit hard te maak sodat die gesiggie en hare geverf kan word.

Mense wat ’n Graaff-Reinet-pop besit, kan Betsie by ­082-413-9275 bel sodat die poppegroep ’n register van dié poppe kan opstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.