Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Praat sake uit op ontbyt

Athalia Uitreik en PSG bied op 25 Februarie net ná die begrotingsrede die derde sake-ontbyt by Magic Events (Kelly’s View) aan waar gaste meer oor ekonomiese sake kan leer by politieke en ekonomiese analis en futuris Daniel Silke.

Silke is die direkteur van Political Futures Consultancy en hy is ook ’n konsultant vir Duke Corporate Education. Hy het meer as 20 jaar se ervaring en bied insiggewende en vermaak­like praatjies aan oor politieke en ekonomiese neigings in Suid-Afrika en internasionaal.

Hy is die skrywer van die boek Tracking the Future: Top Trends that will shape South Africa en lewer gereeld insette op nuus­platforms soos Bloomberg, Fin24, News24, Deutsche Welle, BBC en 702.

Dinamiese Netwerk Bemarking (DNB) is ook vanjaar by dié sake-ontbyt betrokke en Lillian Zaaiman en Riaan Schoeman van DNB gaan met sakelui oor goeie sakebeginsels gesels.

Die ontbyt begin om 07:30 vir 08:00 en behoort teen 11:00 klaar te wees.

Motorhandelaars kan hul nuutste model voertuie op die geleentheid ten toon stel en ander uitstallers wat daarin belang stel om hul produkte op die dag te vertoon, moet ’n tafel se kaartjies koop.

Radio Rosestad en Bloemnuusis die mediaborge van dié ontbyt.

Rig navrae en koop kaartjies teen R250 (of bespreek ’n tafel teen R2 500) deur Judy Hofmeyr by 071-611-6843 te kontak, of stuur ’n e-pos na admin@­athalia.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.