Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Predikantsvrou oorlede

Matty Cloete, voormalige predikantsvrou, is op 19 Junie in die Hillandale-versorgingsoord aan hartversaking oorlede.

Sy was die weduwee van wyle dr. Piet Cloete.

Die egpaar het in 1967 na Bloemfontein verhuis en Matty het die afgelope paar jaar in Kliprant in Tweedestraat gewoon.

Ds. Fanie Schoonees, wat ’n lang pad saam met dié egpaar gestap het, sê hulle het diep spore in die kerklike lewe in die Vrystaat en die kerk in die algemeen getrap.

Matty is op 1 Mei 1931 in Calvinia gebore waar sy ook skoolgegaan het. Ná skool het sy in Stellenbosch studeer.

Sy het dr. Piet – destyds ’n teologie-student – daar ontmoet en ná hul troue is hulle in 1961 na Johannesburg waar hy sy eerste beroep in Irene aanvaar het.

Daarna was hulle predikants­paar van die NG kerk Vrede-Wes. Dr. Piet was ook ’n predikant by die NG kerk Hugenote, en vir jare ’n predikant in die sinodale diens.

In 1980 het dr. Piet by die NG kerk se sinodale kantoor met opdrag ampsbediening en evangelisasie gewerk waar Matty sy kantoor-assistent was.

Dr. Piet het in 1988 afgetree en is in 1991 oorlede.

Die egpaar het nie kinders gehad nie, maar vir Minda aangeneem.

Minda het ná dr. Piet se afsterwe met haar twee kinders Lara en Juan na Auckland in Nieu-Seeland verhuis. Sy was by Matty in haar laaste dae.

Die begrafnis was Dinsdag (26/06) in die NG kerk Bloemfontein-Noord.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.