SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Pret en omgee op resies deur stad

Die Gateway Church het Saterdag (23/11) ’n opwindende Amazing Race deur Bloemfontein aangebied waar 16 spanne allerlei interessante opdragte moes uitvoer.

Een van die Amazing Race se leidrade was verlede week in Bloemnuus versteek.

Trix Roux, een van die organiseerders van die uitstappie, sê alles moes pret wees, maar daar was ook punte waar deelnemers belangrike gemeenskapsdiens moes verrig.

Spanne het onder meer broodjies gemaak en afgelewer in Oranjesig waar dit saam met die liefdadigheidsorganisasie Genade in Aksie aan behoeftiges uitgedeel is.

Spanne het rommel in Langenhovenpark opgetel.

Die 16 spanne wat aan die wedloop deelgeneem het, het ook besoek gebring aan ’n paar van Athalia-uitreik se huise waar hulle tyd saam met die inwoners deurgebring het.

Van die prettige aktiwiteite waaraan deelnemers moes deelneem, was ’n oefenklas in ’n gimnasium, ’n legkaart wat voltooi moes word by Elude Escape Room en hulle moes sleutels uit ’n swembad duik en die regte een vind om ’n houer oop te sluit. Hulle moes ook wors in ’n slaghuis stop en hul gholfvernuf vertoon deur ’n teiken met ’n gholfbal raak te slaan.

Die wenspan vir die dag was Super 7, tweede was Uncalled Four en in die spanne wat beloon is vir die meeste gees is die A-Team en Kingfishers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.