Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Produksies vereer

Die produksie wat Donderdag (30/08) op die Vrystaat Kunstefees se prysuitdeling uitgetroon het, is Reflections on a Legend 46664 deur die Odeion-strykkwartet.

Dié klassiekemusiekuitvoering, wat vir sy “internasionale standaard” geprys is, het twee pryse ontvang – vir die beste Vrystaatse musiek­produksie en die beste Vrystaatse musiekkunstenaar.

Ricardo Peach, feesdirekteur, sonder ook die dramawenner GodgOdgoD uit, wat as grens­verskuiwende werk in die hoofstroom meegeding het en as wenner bekroon is.

Hy sê dit is verblydend dat die publiek eksperimentele werk op gelyke voet met die tradisionele produksies oordeel.

In die meeste afdelings het drie benoemdes meegeding, maar die vrynge was vanjaar so groot dat vyf kunstenaars en produksies benoem is.

Onderskeid word getref tussen nasionale en Vrystaatse deelnemers. In die nasionale afdeling kom kunstenaars en produksies van buite die Vrystaat in aanmerking.

) Musiek – nasionaal

Wenner: Charl du Plessis Trio metOpposites attract.

Benoemdes:Bewitched on Broadwaydeur Cat Simoni; en Duo! met Jacques-Pierre Malan (tjello) en Pieter van Zyl (klavier).

) Musiek – beste Vrystaatse musiekkunstenaar

Wenner: Odeion-strykkwartet.

) Musiek – beste Vrystaatse musiekproduksie

Wenner: Reflections on a Legend 46664deur die Odeion-strykkwartet.

) Dramaproduksie – nasionaal

Wenner: GodgOdgoD, regie deur Ilana Cilliers en Wolf Britz.

Benoemdes: Alpha, regie deur Erwin Maas en Stef de Paepe; en Harry & Jackie, regie deur Christo Davids.

) Drama – beste Vrystaatse produksie

Wenner: DEURnis: Bang.

Benoemdes: DEURnis se Bloos en Broei, aangebied deur Theatre Rocket; en Elke briljante dingmet Ilne Fourie.

) Drama – beste Vrystaatse kunstenaar

Wenner: Ilne Fourie vir Elke briljante ding.

Benoemdes: DeBeer Cloete vir Bang; Gerben Kamper vir Alpha; Manzikazi Scota vir Alpha;en Mia-Anne O’Kennedy vir Bang.

) Visuele kuns

Wenner: Flux, kurators Marjorie Human en Miné Kleynhans.

Benoemdes: Beth Armstrong vir In perpetuum; en Diane Victor vir Little history: A retroflection.

) Vrynge – beste Vrystaatse produksie

Wenner: Rooilug, regie deur Jefferson Dirks-Korkee.

Benoemdes: Blou, geskryf en met regie deur Ilne Fourie; Geskeurde vellies, regie deur Stella Nortier; Gril, regie deur Willem Esterhuyse; en Troos, regie deur Nicolaas Beukes.

) Vrynge – nasionaal

Wenner: Koek en tert, regie deur Kristin Pienaar.

Benoemdes: Akkordeon-aksente met Wimpie Greyvenstein en Danie du Toit; Frenzy for Two, regie deur Kay Dewes; Raakdeur Kanya Viljoen; en Singing Anthems for Rain, regie deur Ntsele Radebe.

) Eksperimentele/lewende kuns

Wenner: Keith Armstrong vir Staging Change.

Benoemdes: A.I.R. Altitude Immersive Radiodeur Julia Drouhin; en Disobedience rulesdeur pvi collective.

) Gekeurde produksie – dit word vir aanbieding op die Vrystaat Kunstefees in 2019 ontwikkel:

Babah deur Schoemé Grobler.

Die pryse is deur Absa, die Kunstetrust en die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi) geborg. Die geleentheid is ook deur die Kunstetrust geborg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.