Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Program ontsluit volle potensiaal

“Ek moet erken dat ek aanvanklik ietwat skepties was oor die idee dat rekenaarspeletjies konsentrasie kan verbeter, maar die resultate wat my dogter behaal het, het my baie gou van mening laat ver­ander.”

Só sê Ingrid Nienaber*, ’n ma van Bloemfontein, nadat sy haar dogter, Lea*, in haar gr. 3-skooljaar op aanbeveling van ’n kundige by die Bio-link-program laat inskakel het.

Lea het in daardie stadium baie met wiskunde gesukkel en haar konsentrasie­vaardighede het volgens ’n onderwyser nie optimaal funksioneer nie.

By Bio-link-sentrums word van Play Attention-tegnologie gebruik gemaak. ’n Neurokognitiewe opleidingsprogram word gebruik om uitvoeringsfunksies en self­regulering te versterk, wat ’n kind se prestasie aansienlik kan ver­beter.

Met Lea se eerste skoolrapport net twee maande nadat sy met die Bio-link-sessies begin het, het haar wiskunde-punt met 22% en dié van twee van haar ander leervakke met meer as 10% verbeter.

’n Body Wave-armband word gebruik om te bepaal wanneer die brein gefokus is en kommunikeer dan met die sagteware van die program.

Die leerling kan in reële tyd sien wanneer hy konsentreer en wanneer hy konsentrasie verloor. Hy kan nou ook verstaan watter gedrag, byvoorbeeld om te vroetel, met konsentrasieverlies gepaardgaan en kan dit dan regstel. Dit word selfregulering genoem.

Die leerling se aandagbeheer word met ’n rekenaargegronde fokus-assessering op vier gebiede bepaal: aandagspan, brein­prosseseringspoed, impulsiwiteit, asook die impak van visuele en ouditiewe afleidings.

Lea se opmerking ná een van die Bio-link-sessies was insiggewend.

“Ek het agtergekom dat my konsentrasie verbreek word wanneer ek aan ander dinge dink. Nou dwing ek myself om dit nie meer te doen nie,” het sy gesê.

Volgens Marlize Robberts, mede-eienaar van Bio-link in Bloemfontein, beskik die brein oor die vermoë om altyd nuwe vaardighede aan te leer.

Deur herhaalde oefening op die program word nuwe neurologiese bane gevorm of oues versterk, en is nuut aangeleerde vaardighede blywend. Elke leerling het ’n fasiliteerder wat hom help om dié vaardighede in die lewe toe te pas.

Soos Lea dit stel: “Bio-link is soos om jou brein in ’n gimnasium te laat oefen”.

Sy het die sessies vreeslik geniet en was elke week gretig om dit by te woon.

“My negejarige het geleer dat konsentrasie ’n vaardigheid is wat sy kan bemeester, en waaroor sy beheer kan uitoefen,” sê Ingrid.

Sy het Lea vir die daaropvolgende twee jaar weekliks na Bio-link-sessies geneem en Lea se punte het aangehou om dramaties te verbeter. Van haar gr. 4-jaar af was sy elke kwartaal een van die topdrie- akademiese presteerders in haar klas.

In Lea se gr. 6-jaar het Ingrid Bio-link se studiemetode-kursus saam met haar dogter bygewoon en dit baie sinvol gevind.

Vir die volgende jaar het Lea by die Study-hub-studiehulp-program ingeskakel, waardeur sy op ’n praktiese manier geleer het om breinkaarte te maak en meer onafhanklik te begin studeer. Dit het volgens Lea “leerwerk van ’n nagmerrie na pret verander”.

Ingrid sê vir haar as mamma is die manier waarop Lea se self­vertroue deur hierdie proses gegroei het, die kosbaarste.

“Die dogtertjie wat so oorweldig was dat sy elke dag in die klas gehuil het, blom en presteer nou en sien haarself as die slim kind wat sy eintlik nog altyd was.

“Sy het net ’n sleutel nodig gehad om haar potensiaal te ontsluit, en dit het sy in Bio-link gevind.”

, Skuilname is gebruik.

Kassie:

Die Resultaat:

Die gevolg van die program:

, Verlengde aandagspan in die klas en met huiswerk.

, Versterking van geheue wat jou in staat stel om inligting te onthou vir onmiddellike gebruik.

, Versterking van buigbare denke wat nodig is vir probleemoplossing.

, Beter emosionele beheer.

, Verbetering in die beheer van impulsiewe gedrag.

, Verbetering in die vermoë om met take te begin en dit te voltooi.

, Verhoogde selfversekering.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.