Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Projek boublok vir jonges
Daniel Wium (UV), Etienne le Rich (gr. 7), Ruben van Jaarsveldt (gr. 4), Jessica Labuschagne (gr. 4) en Albert Dreyer (UV) tydens die departement rekenaarwetenskap en informatika aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se besoek om vir die leerlinge meer van die Python-projek te vertel.Foto: Lientjie Mentz

Nog ’n inisiatief wat weens Covid-19 vanjaar tot stilstand geruk is, is die departement rekenaarwetenskap en informatika aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Python-projek.

Daniël Wium van die departement, en Albert Dreyer, ’n tweedejaarstudent in ingenieurswese, het Donderdag (17/09) gaan inloer by die Laerskool Willem Postma om vir leerlinge van die Kleinklassie meer oor die Python-projek te vertel.

Die projek behels Lego-robotika-lesse vir jonger, minder ervare leerlinge en Python, ’n rekenaartaal, wat vir ouer leerlinge aangebied word.

“Onder normale omstandighede bied ons Vrydagmiddae klasse op die UV-hoofkampus aan. Covid-maatreëls het ons egter vanjaar genoop om die klasse tydelik te staak,” sê Wium.

Leerlinge in die twee programme word voorberei vir twee kompetisies wat jaarliks deur Computer Olympiad, ’n projek van die instituut van IT Professionele lui in Suid-Afrika, aangebied word. Die een is die talentsoek-kompetisie waaraan alle leerlinge kan deelneem en die tweede is die programmering-olimpiade vir leerlinge wat al Python-vaardighede geleer het.

Dreyer het leerlinge van die Kleinklassie behoorlik in vervoering gehad met video’s van die Lego-robotte en wat hulle alles kan doen.

Wium sê hulle hoop om die Lego-robotika-klasse so gou as moontlik – hopelik teen begin 2021 – weer te hervat.

“Die Python-klasse sal beslis volgende jaar saam met die skooljaar begin, al beteken dit die klasse sal aanvanklik aanlyn gebeur,” sê hy.

Hy sê die klasse is gratis vir leerlinge – hulle moet hulle net jaarliks registreer. Die eerste aansoeke word aanvaar asook leerlinge wat gereeld klasse bywoon en goed vorder. Hy sê die robotika-klasse se grootte hang af van die hoeveelheid Lego-stelle wat die departement beskikbaar het.

  • Rig navrae deur ’n e-pos te stuur na WiumDJ@ufs.ac.za. Willem Postma se Kleinklassie is vir leerlinge op die outisme-spektrum en leerlinge met leerhindernisse.

Leerlinge in die klasse van gr. 1 tot gr. 7 kry een-tot-een-onderrig in Afrikaans en leerlinge skakel in by die hoofstroom-kurrikulum.

Visuele en ander hulpmiddels word gebruik en daar word spesifiek gefokus op elke leerling se uniekheid.

Rig navrae oor die klassie by Isabel Homsek by 083-361-8553.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.