Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Projek, veldtog hou kleuters se kosblikke vol

Danksy Solidariteit Helpende Hand se Kosblikkie-projek en die #StopHonger-veldtog ontvang 300 kleuters in Bloemfontein elke skooldag ’n bord kos.

Solidariteit Helpende Hand en Coleske Artists het verlede jaar hande gevat om die publiek bewus te maak van die groot hongersnood onder die land se kleuters. Die doel van die veldtog is om geld vir kos in te samel om kos vir hulle te koop.

Helpende Hand se Kosblikkie-projek bestaan reeds tien jaar lank.

Die Bloemfontein Vroue-tak, onder leiding van Tammy Morey, gee al sedert 2011 aan die kleuters van die Dr. C.F. Visser-kleuterskool in Estoire voedsame kos.

Die ander twee skole wat op hierdie manier gehelp word, is die Dankbaar CVO-skool en die Saailand-kleuterskool.

Altesaam 8 000 kleuters in 87 skole oor die land heen baat vanjaar by die Kosblikkie-projek en #StopHonger-veldtog.

In die Vrystaat alleen kry 1 200 kleuters in 11 skole kos danksy die projek en die geld wat met ingesamel word.

Om die plaaslike projek ’n hupstoot te gee, het Helpende Hand se Bloemfontein-suid-tak besluit om Riana Nel, een van die #StopHonger-ambassadeurs, op 9 Augustus (Vrouedag) om 17:00 by Magic Events te laat optree.

Voor die hoofvertoning gaan plaaslike sangers Heidi en Marise optree.

Kaartjies vir Riana Nel se optrede kos R150 tot R350 en is by Computicket beskikbaar.

Rig navrae oor die konsert aan Kobus Venter deur ’n e-pos na kobus@helpendehand.co.za te stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.