Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Projek wil ander help

Volksblad se Sentrale Plaaslike Koerante in die Vrystaat, waarvan Bloemnuus deel uitmaak, is vanjaar die tiende keer ’n gedrukte- mediaborg vir Engo se Vir Ons Kinders-projek.

’n Splinternuwe Ford Figo 1,5 AMB is op die spel in dié projek, wat geld vir Engo se talle afdelings insamel.

Human Auto het vanjaar as borg met Engo hande gevat.

Des Williams, handelaarshoof van Human Auto, het Maandag (03/06) op die bekendstellingsgeselligheid by Engo gesê kinders en bejaardes lê dié onderneming na aan die hart.

“Dit is vir ons ’n voorreg om vanjaar by die projek betrokke te wees en te help om vir mense in nood geld in te samel.”

OFM sluit hom vanjaar die eerste keer as radioborg by Vir Ons Kinders aan.

Christa Maree, Engo se direkteur van residensiële kindersorg en aannemings, het by die geleentheid gesê ’n reis het begin om die lewe vir mense beter te maak.

Toe die projek in 2017 aangebied is, is 14 000 kaartjies oor die Vrystaat heen verkoop.

“Die kaartjies, wat vanjaar teen R30 verkoop word, gaan ’n groot verskil maak in die lewe van kinders, gesinne, bejaardes, siekes en mense met gestremdhede,” het Maree gesê.

Randy September, kommunikasiebestuurder van die Vrystaat Cheetahs, het aan die projek ’n getekende Cheetah-trui geskenk wat opgeveil gaan word om die projek te steun.

Die kaartjies is by Engo se provinsiale kantoor by Westerbloem beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.