Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Projekte steun behoeftiges
Christa Maree (links, direkteur van Engo se kinder- en jeugsorgsentrums) en Madelein Nortjé (direkteur van gesinsorg) wys hoe die pakkies Engo-koffie lyk.Foto: Marinique du Plessis

Welsynsorganisasies moet altyd kreatiewe planne maak om geld in te samel, maar nou kom die skeppings­vermoë eers na vore.

Weens die Covid-19-pandemie kon die gewone projekte waarop daar elke jaar staatgemaak word, nie vanjaar plaasvind nie.

Engo se nuutste projek is ’n koffiereeks wat op Donderdag 1 Oktober op Internasionale Koffiedag bekend gestel is.

Rachelle Scott van Engo se bemarkingsafdeling sê dit is een van talle projekte wat die afgelope paar maande aangepak is.

Die koffie is spesiaal vir Engo deur die Bloemfontein Coffee Roasting Company gemeng, gerooster, gemaal en verpak.

Die pakkies koffie in 250 g-pakke word teen R85 by Engo se hoofkantoor te koop aangebied, asook by Koekela en Villa Avianto.

Scott sê Engo is dankbaar vir almal se ondersteuning deur hierdie moeilike paar maande.

“Benewens die gewone uitgawes moes ons ekstra personeel by bejaardesorg aanstel, en beskermende toerusting vir personeel en handreiniger was ’n groot bykomende uitgawe.”

Sy sê hulle verkoop nou ook dagboeke vir 2021 met kunswerke deur kunstenaar Olivia Botha wat oorspronklik van die Vrystaat is.

“Ons noem dit ons dagboek van hoop en liefde.”

Die boeke is teen R250 by Koekela, Mapstix, Daisy & Co by Prellerplein, Angel Hearts en die Greenvalley-diereplaas beskikbaar.

Lede van die publiek kan ook betrokke raak by die projek waar 40 kinders van Engo se jeugsorgsentrums geldelik ondersteun word.

“Foto’s van en inligting oor elk van die kinders is op die webwerf sponsorlife.net beskikbaar, sodat mense kan kies watter kind hulle graag wil ondersteun.”

Rig navrae by 060-548-5543 of 051-407-7822. Besoek ook die Facebook-blad Engo Free State vir meer inligting oor die projekte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.