Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pryse op die spel
Donna le Roux

Heelparty aansporingspryse wag op die wenners en finaliste in die Suid-Afrikaanse tenniskampioenskapsbyeenkoms vir junior spelers wat elke jaar in Bloemfontein beslis word.

Dit word vanjaar van 29 April tot 3 Mei aangebied.

’n Groot geelwortel vir die meisieskampioen in die o.14- en o.16-afdeling is deelname aan ’n toernooi later vanjaar teen die res van die wêreld se topspelers in dié ouderdomsgroepe.

“Die meisies wat onderskeidelik die o.14- en o.16-enkelspeltitel wen, sal Suid-Afrika in die WTA Future Stars-eindronde in Shenzhen, China, verteenwoordig,” lui ’n verklaring deur Tennis Suid-Afrika (TSA).

“Alle reiskostes, kos en verblyf word vir hulle betaal.”

Die Bloemfonteiner Donna le Roux, dogter van die oud-Springbok-stut Ollie le Roux, is nou die voorste speler op die nasionale o.14-ranglys.

TSA sê al die wenners in die o.18-afdeling – seuns én meisies – sal ook as promotorskeuses toelating kry tot die hoofloting van ’n ITF-graad A-toernooi wat in Suid-Afrika gehou word.

Die seuns en meisies se o.16-wenners sal toelating kry tot die voorafgaande toernooi om vir ’n ITF-graad-A-toernooi te kwalifiseer.

Die ander finaliste in die o.18-afdelings sal as promotorskeuses toelating kry tot die hoofloting van ’n ITF-graad-2-toernooi wat in Suid-Afrika beslis sal word.

Die o.16-finaliste sal ook die geleentheid kry om vir die toernooi te probeer kwalifiseer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.